HomeGeneral agricultureDie argitektuur, blom- en blaarmorfologie van “ware” Palmer amarant

Die argitektuur, blom- en blaarmorfologie van “ware” Palmer amarant

Estimated reading time: 4 minutes

  • Die Palmer amarant-onkruid (Amaranthus palmeri) word as ’n ernstige bedreiging vir die graanbedryf gesien.
  • Die SAHRI doen navorsing op Palmer amarant sedert die SAHRI in Februarie en Maart 2018.
  • Die moontlikheid van hibridisering tussen Amaranthus palmeri en Amaranthus hybridus word tans in die SAHRI ondersoek.
  • Grondeienaars kan die gids in hierdie artikel gebruik om Palmer amarant te identifiseer.

Die Palmer amarant-onkruid (Amaranthus palmeri) word as ’n ernstige bedreiging vir die graanbedryf gesien. Palmer amarant is vroëer vanjaar as ’n kategorie-1-onkruid verklaar. Plante in hierdie afdeling word gesien as indringer uitheemse plante wat onder geen omstandighede verbou of mee handel gedryf mag word nie. Wat hierdie spesie van amarant werklik ’n bedreiging maak, is dat dit weerstandig is teen ten minste nege meganismes van werking in onkruiddoders.

Die Suid-Afrikaanse Inisiatief vir Onkruiddoderweerstand (SAHRI) doen navorsing op Palmer amarant sedert die SAHRI in Februarie en Maart 2018 betrokke was by die identifisering van die eerste bevestigde populasie in Douglas-distrik.

Sedertdien is plante op ander plekke as Douglas waargeneem wat nie perfek pas by die eienskappe profiel (gebaseer op internasionale literatuur) van Palmer amarant nie .

Groot genetiese en morfologiese variasie in Palmer amarant word in wêreld literatuur vermeld en dit bemoeilik soms positiewe identifisering. Verder kompliserend is dat hibridisering met sekere andere amaranthus soorte ook reeds gerapporteer is.

Die moontlikheid van hibridisering tussen Amaranthus palmeri en Amaranthus hybridus word tans in die SAHRI ondersoek.

Onvolwasse Palmer amarant

In die foto is drie onvolwasse plante van wisselende grootte wat in ‘n pot met 1kg grond gekweek is. Die grootste plant se hoogte is 250mm. Die plante is vanaf Douglas populasie saad gekweek.

Let wel: Hierdie plante het as saailinge die winter van 2022 in die oopte (geen beskerming teen temperatuur) in Pretoria oorleef.

Let op die slanke, relatiewe lang blaarstele.

Let op die prominente terminale haartjie by blaarpunte.

Morfologiese profiel van AMAPA

Relatief lang blaarstele en relatief klein blaarskywe gee hierdie silhoeët.

Blare van AMAPA

Blare van AMAPA het in die algemeen ‘n slanke voorkoms vanweë opvallend lang blaarstele vergeleke met die lengte van blaarskywe Elkeen van hierdie blare het ‘n terminale haartjie by die blaarpunt.

Dieselfde drie blare as in voorgaande foto

Die blaarsteel oor die blaarskyf gevou wys die unieke eienskap van AMAPA, nl . die langer blaarsteel as blaarskyf by sommige blare.

LET WEL: Op die betrokke plante is hierdie eienskap waargeneem by meer as 30% van die volledig ontvoude blare.

LET OP die prominente haartjie by die blaarpunt ‒ feitlik elke blaar het hierdie eienskap ‒ die terminale haartjie word egter ook by sekere ander Amaranthus soorte aangetref.

NB: Die langer blaarsteel as blaarskyf is uniek tot AMAPA.

‘n Gids vir identifikasie van Palmer amarant is gratis beskikbaar ‒ kontak vir Charlie Reinhardt by 083 442 3427 of dr.charlie.reinhardt@gmail.com.



Must Read

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...