Thursday, November 7, 2024

Case IH baanbreker-innovasie: Kry die meeste uit jou masjinerie

Landboutegnologie ontwikkel vinnig, en hiermee saam die behoefte aan gevorderde tegnologie vir doeltreffende vlootbestuur op grondvlak, aangesien daar meer gekoppelde masjinerie as ooit in die veld is. CNH Industrial, ā€™n wĆŖreldleier in landbou- en konstruksietoerusting, en Case IH se antwoord hierop in Suid-Afrika is hul sentrale beheerkamer, oftewel die Connect Room, by hul hoofkantoor by Isando, Johannesburg.

Aan die voorpunt van innovasie

Die Connect Room, wat in Augustus 2023 bekendgestel en by Case IH se uitstalling by Nampo 2024 vertoon is, bestaan uit ā€™n netwerk van beheerkamers by handelaars regoor die land. Dit vorm die kern van CNH Industrial se gekoppelde dienste en stel Case IH in staat om ā€™n proaktiewe en voorkomingsgerigte kliĆ«ntediens te bied.

Die stelsel monitor die prestasie van gekoppelde masjinerie in die veld voortdurend, wat produsente in staat stel om hul toerusting, soos trekkers, stropers en spuite, optimaal te benut. Dit geld nie net vir die Case IH-handelsmerk nie, maar ook vir New Holland. Diederik Husselmann, hoof van gekonnekteerde dienste by CNH Suider-Afrika, sĆŖ hierdie stelsel bring hulle nader aan presisieboerdery, wat die toekoms is.

Probleem-identifisering en deeglike voorbereiding

Husselmann verduidelik dat hulle die hele Suid-Afrikaanse masjinerie-vloot vanaf die vervaardiger se kant kan monitor vir tegniese probleme. Takke en handelaars monitor ook die masjinerie in hul spesifieke verantwoordelikheidsgebiede. Daar is tans 122 takke en handelaars in Suid-Afrika, asook in Sub-Sahara Afrika-lande soos Zimbabwe, Botswana, en Namibiƫ.

Tegnici kan potensiĆ«le probleme vroegtydig opspoor deurdat onmiddellike waarskuwings aan handelaars gestuur word. ā€œAs ā€™n trekker se enjin oorverhit, kan ons onmiddellik die handelaar, die streekstak, en die eienaar van die werktuig kontak om die trekker af te skakel. So voorkom ons verdere skade. Indien ā€™n sensor foutief is, kan die tegnikus dit op die stelsel opspoor, die nodige onderdele bekom en gereedskap voorberei, en slegs een keer na die plaas gaan om dit te herstel,ā€ sĆŖ Husselmann.

Tegnici kan bestaande foutkodes sien en kan ook vanaf die sentrale beheerkamer afstanddiagnostiek op ā€™n masjien uitvoer en direk aan die masjien se skerm koppel. Hierdie voorsorgmaatreĆ«ls stel kliĆ«nte in staat om hul vloot in ā€˜n perfekte toestand te hou sonder dat hul boerdery ontwrig word. Werkprogramme kan deeglik beplan word aangesien roetine-instandhoudingsdienste vooraf geskeduleer word.

Deur potensiĆ«le probleme vroegtydig te identifiseer, word die eienaar van die werktuig teen groot en kritieke onklaarrakings beskerm, terwyl maksimum-looptyd en doeltreffende vlootbestuur verseker word. Hierdie diens is vir masjinerie binne die waarborg beskikbaar, maar masjinerie wat buite waarborg is, kan ook gemonitor word deurdat eienaars hul intekening op die diens teen ā€™n bykomende koste hernu.

Werking van stelsels

Daar is tans 811 masjiene in Suid-Afrika wat aan die sentrale beheerkamer gekoppel is, terwyl masjinerie in lande soos Mauritius, Uganda, TanzaniĆ«, Botswana, en Zimbabwe ook deur gemonitor word. Elke werktuig is met rekenaars toegerus wat op ā€™n control area network (CAN) BUS-stelsel werk.

Die stelsel is ontwerp om doeltreffende kommunikasie tussen elektroniese beheereenhede moontlik te maak. Dit verfris elke 60 sekondes en maak kontak met die masjien, wat beteken die rekenaars kommunikeer voortdurend met mekaar. ā€™n Telematiese stelsel is aan die wolk (cloud) gekoppel en masjiendata word deur hierdie stelsel na die wolk gestuur en dan na die vervaardiger se universele beheerkamer (UCR).

Van die UCR gaan die data na die tak en handelaar, wat die Etim (electronic technical information manual)-stelsel gebruik om masjinerie te monitor. Hierdie inligting word ook verskaf aan produsente wat die advanced farming systems (AFS)-toepassing gebruik. Die hele proses word dus gelyktydig deur drie partye dopgehou: die vervaardiger se hoofkantoor, die tak, en die boer self. Die sentrale beheerkamer genereer ook maandelikse verslae oor ā€™n masjien se geskiedenis, instandhouding en werking, wat waardevolle insigte aan eienaars bied.

Vir meer inligting, kontak Diederik Husselmann by diederik.husselmann@cnh.com of besoek Case IH se webtuiste www.caseih.com.

Mankheid by skape: Maak seker jy identifiseer die regte oorsaak

Estimated reading time: 5 minutes Mankheid by skape en bokke kan aan talle oorsake toegeskryf...

Manage bull and cow health in the breeding season

Estimated reading time: 6 minutes Healthy, well-conditioned animals that can produce cost-effectively are essential for...

Hoekom verlaat melkboere die bedryf?

Estimated reading time: 6 minutes Melkerye is hoƫ-koste bedrywe wat daagliks intensiewe aandag en baie...

Factory settings last, remaps donā€™t

Estimated reading time: 4 minutes ā€œWhat are you smirking at? One of Gertā€™s dirty jokes?ā€...