Estimated reading time: 5 minutes
Brangus-slagbeeste en Dormerlammers het die Royal-vetveeskou oorheers wat by Lions River-veilingskrale in KwaZulu-Natal gehou is. Uitstaande slagvee is op die skou aangebied.
Dormerlammers het die kompetisie tydens die op-die-hoef-beoordeling sowel as met die karkasbeoordeling oorheers. In die karkas-afdeling het Marius Eksteen die eerste drie plekke in die lamkarkaskompetise verower en ook die beste groepkarkasse gehad.

Christo Dorfling van Dorfling Dorpers in Weenen het in die op-die-hoef-afdeling, sowel as in die karkas-afdeling, die kampioen-superlam, ʼn Dorper, vertoon.
Mich Turner se Wanstead-stoet het die tweede en derde beste-groepkarkasse gehad en ook in die superlam-kompetisie die tweede en derde plek ingeneem.
In die beesafdeling het Duncan Watson se JOC Angus- en Brangusstoetery skoonskip gemaak in die enkelkarkas-afdeling. Hy het die eerste drie plekke met Brangus-karkasse ingepalm asook die eerste twee plekke in die kampioen-groepkarkasse. Dino Raciti van Esco Feeds het die derde beste groepkarkasse met sy Droughtmasters gehad.
Die diere is by die Halaal Fresh Meats-slagplaas in Thornville geslag waar die karkasse beoordeel is. Met die beoordeling van die beeste op-die-hoef, het Duncan Watson se JOC Angus- en Brangusstoetery uitstekend gevaar en nege van die moontlike 15 plekke onder die eerste drie wenners in elke afdeling ingepalm. Daarby het hy ook die Super-slagos en die reserwe kampioen-slagos op die skou vertoon. Die kampioen-slagos is deur Dino Raciti van Esco Feeds ingeskryf.
Met die beoordeling van die slagskape op-die-hoef het Dormerlammers die botoon gevoer en is die Dormerlam van Mich Turner se Wanstead-stoetery as die kampioenlam aangewys. Bruce Taylor se Ile de France-lam was die reserwe kampioen. Christo Dorfling se Dorperlam is as die Superlam van die Royal-skou vir 2025 aangewys.
Uitslae vir lammers op-die-hoef:
Junior groep lammers onder 45kg
1. Wanstead Dormers – Mich Turner (Dormer).
2. ES Ile de France-stoetery – Ebrahim Sheik (Ile de France).
3. Haystead Dormers – Mich Turner (Dormer).
Senior groep lammers – 45 tot 55kg
1. ES Ile de France-stoetery – Ebrahim Sheik (Ile de France).
2. Wanstead Dormers – Mich Turner (Dormer).
3. Hatari Farming – Marius Eksteen (Dormer).
Enkellammers onder 45kg
1. Haystead Dormers – Mich Turner (Dormer).
2. Busybend Farming – Bruce Taylor (Ile de France).
3. Busybend Farming – Bruce Taylor (Ile de France).
Tussen 45 en 55kg
1. Hatari Farming – Marius Eksteen (Dormer).
2. Wanstead Dormers – Mich Turner (Dormer).
3. Hatari Farming – Marius Eksteen (Dormer).

Superlam
1. Dorfling Dorpers – Christo Dorfling (Dorper).
2. Wanstead Dormers – Mich Turner (Dormer).
3. Wanstead Dormers – Mich Turner (Dormer).
Kampioengroep lammers
Wanstead Dormers – Mich Turner (Dormer).
Reserwe kampioengroep-lammers
Wanstead Dormers – Mich Turner (Dormer).
Kampioen-Superlam 2025
Dorfling Dorpers – Christo Dorfling (Dorper).
Reserwe kampioenlam 2025
Busybend Farming – Bruce Taylor (Ile de France).
Kampioenlam 2025
Wanstead Dormers – Mich Turner (Dormer).
Vleisbeeste op die hoef:
Onder 470kg
1. JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus).
2. JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus).
3. JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus).

Onder 530kg
1. Esco Feeds – Dino Raciti (Droughtmaster).
2. JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus).
3. JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus).
Oor 530kg (Superos)
1. JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus).
2. 5 Star Santas – Justin Fyvie (Santa Gertrudis).
3. JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus).
Beste groep van vier (onder 530kg)
1. JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus).
2. Esco Feeds – Dino Raciti (Droughtmaster).
3. JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus).
Beste slagkoei (geen gewigsbeperking)
1. 5 Star Santas – Justin Fyvie (Santa Gertrudis).
2. Oaksprings Farm – Peter Thomas (Sussex).
3. 5 Star Santas – Justin Fyvie (Santa Gertrudis).
Kampioen-slagbees op-die-hoef 2025
Esco Feeds – Dino Raciti (Droughtmaster).
Reserwe kampioen-slagbees op-die-hoef 2025
JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus).
Lamkarkas-uitslae:
Kampioenlamkarkas:
1. Hatari Farming – Marius Eksteen (Dormer).
2. Hatari Farming – Marius Eksteen (Dormer).
3. Hatari Farming – Marius Eksteen (Dormer).
Kampioen-groep lamkarkasse:
1. Hatari Farming – Marius Eksteen (Dormer).
2. Wanstead Dormers – Mich Turner (Dormer).
3. Wanstead Dormers – Mich Turner (Dormer).
Kampioen-superlamkarkas:
1. Dorfling Dorpers – Christo Dorfling (Dorper).
2. Wanstead Dormers – Mich Turner (Dormer).
3. Wanstead Dormers – Mich Turner (Dormer).

Vleisbeeskarkas-uitslae:
Kampioenvleisbeeskarkas:
1. JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus).
2. JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus)
3. JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus)
Kampioen-groep vleisbeeskarkasse:
1. JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus).
2. JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus).
3. Esco Feeds – Dino Raciti (Droughtmaster).
Kampioen-Superoskarkas:
1. 5 Star Santas – Justin Fyvie (Santa Gertrudis).
2. JOC Angus en Brangus – Duncan Watson (Brangus).

Kampioen-koeikarkas (biltongkoei):
5 Star Santas – Justin Fyvie (Santa Gertrudis-kruiskoei – Andries Gouws, Plaas Media