In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit kanolaverbouing in Suid-Afrika, Ntaba Nyoni se komende veiling en ons ontvang die nuutste weervooruitsigte en vleispryse.
Kanolaverbouing
Dit is reeds ‘n bekende feit dat kanolaverbouing in Suid-Afrika ‘n blink toekoms het. Die ander goeie nuus is dat droëland kanolakultivars ook nou beskikbaar is. Ons het tydens Nampo Kaap met Piet Lombard van die Wes-Kaapse Departement van Landbou hieroor gesels.
Ntaba Nyoni hou veiling
Ntaba Nyoni se Ankole en Vriende-veiling vind op 3 Oktober plaas en Bernard Swanepoel vertel ons meer.
Nuutste weervooruitsigte en vleispryse
Johan van den Berg is oudergewoonte terug met die jongste weervooruitsigte en Chris Derksen gesels oor vleispryse.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.



