In Woensdag, 2 September se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Eerste aan die woord is Leon die skaapherder met sy Woensdagwenk, en die keer praat hy oor voorbereiding vir somersiektes.
- Johan gesels met Shaun Welmans van Agri Skills Transfer oor die bou van ‘n toekoms in landbou en watter studiemodelle hulle hiervoor aanbied.
- Isak Staats van BKB gesels met Deidré Louw van Plaas Media oor die wolbedryf in Suid Afrika, spesifiek hoe wolmarkte oor tyd ontwikkel het en hoe dinge vandag daar uit sien.
- Dr Bobby van der Westhuizen van SA Stamboek gesels oor hulle Trailblazer-geleentheid wat in Oktober in Bloemfontein gaan plaasvind.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
