In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor prof Dietmar Holm se nuwe rol as hoofveearts by die Melkprodusente-organisasie en verbruikerstendense by vars groente en vrugte.
Nuwe hoofveearts by die MPO
Dit is ongekende en ongesonde tye vir diere in Suid-Afrika. So sê prof Dietmar Holm van die Universiteit van Pretoria. Hy is onlangs aangestel as die Melkprodusente-organisasie se hoofveearts en sal Melk SA se dieregesondheids- en welsynsprojek onder die MPO-vaandel lei. Ons praat met hom oor sy nuwe rol.
Verbruikertendense by vars vrugte en groente
En het jy geweet die meeste vars groente en vrugte word daagliks tussen 12:00 en 16:00 by kettingwinkels gekoop. Verbruikerstendense het tydens Aartappels SA se kongres ter sprake gekom en Pieter van Zyl van die Shoprite Groep was een van die paneellede. Ons gesels verder met hom hieroor.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.
