Landboumarkverslag: April 2026

Estimated reading time: 2 minutes

Die rand het gedurende April met 32 sent teenoor die Amerikaanse dollar versterk, van R17,09 aan die begin van die maand tot R16,77 teen maand-einde. Teenoor die euro het die wisselkoers min verander en op R19,61 afgesluit.

Die verbruikerprysindeks het in Maart 2026 met 0,1% gestyg tot 3,1%, terwyl die produsenteprysindeks met 0,5% toegeneem het tot 2,3%. Die prima-uitleenkoers het konstant gebly op 10,25% gedurende April 2026.

Mieliepryse styg

Die prys van geelmielies het in April 2026 met ongeveer R149/ton gestyg en het teen die einde van die maand op R3 421/ton gestaan.

Beeskarkaspryse wissel, speenkalfpryse styg steeds

Die gemiddelde prys van A2-beeskarkasse het met 57 sent gedaal en die maand afgesluit op R61,42/kg. B2-beeskarkasse het ’n geringe daling van 10 sent getoon, met ’n gemiddelde prys van R57,57/kg.

Daarteenoor het C2-beeskarkasse met 27 sent/kg verstewig en April afgesluit op R57,20/kg. Die gemiddelde prys van speenkalwers het verder gestyg met R1,11/kg en die maand afgesluit op R42,93/kg.

Figuur 1: Beesvleis- en speenkalfpryse vir 2026

Volgehoue daling in skaapkarkaspryse

Pryse het oor alle klasse skaapkarkasse gedaal. Die gemiddelde prys van A2-skaapkarkasse het met R1,61/kg afgeneem tot R99,68/kg. B2-skaapkarkasse het ’n sterker daling van R4,99/kg getoon en op R75,81/kg gesluit.

Die gemiddelde prys van C2-skaapkarkasse het met R3,84/kg gedaal en op R75,91/kg afgesluit. Ten spyte hiervan het speenlammers se pryse met 86 sent/kg gestyg en die maand afgesluit op ’n gemiddeld van R48,15/kg.

Varkkarkaspryse daal effens

Die gemiddelde prys van klas O-varkkarkasse het effens met 39 sent/kg gedaal en April afgesluit op R39,46/kg. – Carli Jacobs en Dr WA Lombard, Departement Landbou-Ekonomie, Universiteit van die Vrystaat

Must read

RSG Landbou: 23 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die BKB Groep se jongste finansiële resultate, TLU SA se Jongboer van...

LandbouRadio: 23 September 2026

Hierdie week se Landbouradio word moontlik gemaak deur Pioneer Saad.In Woensdag, 23 September se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:⁠Leon die skaapherder...

Heinings en hokke: Instandhouding voor die lamseisoen

Met lae winsmarges, siektes en roofdiere wat tot 30% van ’n lammeroes kan kos, kan skaapprodusente nie meer bekostig om ’n lam te verloor...

Unlocking the beef value chain – Meet the 2026 LRF Stockman School speakers part...

Estimated reading time: 6 minutesFrom 7 to 9 October 2026, the Livestock Registering Federation (LRF) brings the beef industry’s sharpest minds together at Aldam...

RSG Landbou: 22 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor inkbessievergiftiging, wyntoersime en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.InkbessievergiftigingVeeprodusente word gewaarsku dat inkbessievergiftiging...