Thursday, May 14, 2026
Home LandbouRadio LandbouRadio: 13 Mei 2026

LandbouRadio: 13 Mei 2026

27

In Woensdag, 13 Mei se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:

  • Leon die skaapherder is eerste aan die beurt met sy Woensdagwenk, en vandag praat hy oor hardlywigheid by lammers.
  • Raymond Collett, ‘n nematoloog, gee ‘n paar interresante feite oor nematodes.
  • Charné Claassen, afdelingshoof van genetika by Unistel, een van die goue borge van die 2026 LRF Veeskool, vertel van hulle borgskap van die skool en hulle werksaamhede.
  • ⁠Johan gesels met Willie Storm, Veeplaas se 2025 klimaatslim-ambassadeur, oor klimaatslim boerdery en ‘n toer wat binnekort in Namibië gaan plaasvind.
  • ⁠Anjé Venter van Aartappels SA gee ‘n kort oorsig van die afgelope ruk se aartappelmarkte.
  • ⁠Johan praat oor Plaas Media se Toyota SA Nasionale Jongafslaerskompetisie en hoe jy ook aanlyn kan deelneem.

Vandag se program word aan jou gebring deur BKB – die betroubare tuiste van landbou.

Luister saam na LandbouRadio:

Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.

Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

error: Content is protected!