RSG Landbou: 29 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor wat Agri Noordwes doen om slaggate aan te spreek, die ministriële taakspan vir staatsbeheerde siektes en ons ontvang die maandelikse internasionale nuusbulletin.

Slaggate in Noordwes

Slaggate op ons paaie is vir baie van ons niks nuuts nie, maar die heersende nat toestande vererger die situasie. Agri Noordwes se Naudé Pienaar vertel wat in Noordwes gedoen word om dié krisis aan te spreek.

Staatsbeheerde siektes

Dan gesels ons met dr Peter Evans, Rooivleisbedryfdienste (RMIS) se hoofveearts, oor die ministriële taakspan vir staatsbeheerde siektes asook bek-en-klouseer-entstof en aanmelding.

Internasionale landbounuus

En moenie ons maandelikse internasionale nuusbulletin misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related

RSG Landbou: 6 Mei 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor katbos en hittestres by kleinvee. Katbos Het jy geweet katbos, wat groot probleme vir landbouers veroorsaak,...

RSG Landbou: 5 Mei 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor winsgewende beesboerdery, nuwe funksies wat by die Rooivleisbedryfsdienste se naspeurbaarheidsplatform gevoeg is en speenkalfgesondheid. Winsgewende...

RSG Landbou: 4 Mei 2026

In vandag se RSG Landbou ontvang ons die nuutste landbounuuus, ons vind meer uit oor die impak van verhoogde insetkoste en voedselpryse en daar...