In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor kunsmis prystendense, die funksie van die Nasionale Landboubemarkingsraad, en die wêreld se grootste makadamiaprodusent.
Graan SA monitor kunsmispryse
Kunsmis is een van die grootste veranderlike insetkostes vir graanprodusente. Het jy geweet dit maak 30 tot 40% van totale produksiekoste uit? Graan SA monitor prystendense en gehalte, en Gerhard Burger vertel ons meer.
Funksie van die Nasionale Landboubemarkingsraad
Die minister van landbou het onlangs die nuwe lede van die Nasionale Landboubemarkingsraad bekendgemaak. Die voorsitter, prof André Jooste, verduidelik wat die funksie van dié instansie is.
Meer oor makadamias
Moet ook nie ons gesprek oor die wêreld se grootste makadamiaprodusent misloop nie. Suid-Afrika is steeds die wêreldleier in makadamiaproduksie en Hendrik Vorster van Global Macadamias praat oor dié bedryf.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.