RSG Landbou: 11 Maart 2026 – geborg deur BKB

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor gebruikte sampioene as veevoer, Hotspot Cattle se streng seleksiekriteria en ons hoor van die BEK inentingsplan vir Noordwes.

Gebruikte sampioene as veevoer

Het jy geweet gebruikte sampioene kan as veevoer gebruik word? Dr Klaas-Jan Leeuw van die Landbounavorsingraad is tans by navorsing hieroor betrokke en hy vertel ons meer.

Hotspot Cattle

Die produksiestelsel wat Stompie Olivier van Hotspot Cattle naby Ventersdorp met sy Boran-stoetkudde gebruik, staan in talle opsigte uit. Dit is veral sy streng seleksiekriteria wat sy stoetkudde in die regte rigting lei. Ons vind meer uit.

BEK inentingsplan vir Noordwes

Verder het die Noordwes Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling verlede week 100 000 dosisse bek-en-klouseer entstof ontvang en ons hoor wat die verspreidings- en inentingsplan plan behels.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

The wild side of nutrition

Estimated reading time: 4 minutes Various game animals roam the vastly different landscapes of South...

Geniet sukses met ’n goeie winterlekprogram

Estimated reading time: 4 minutes Deur ’n goed-deurdinkte winterlekprogram te volg, kan jy die toekomstige...

Dynamics of the South African lucerne hay industry (Part 4): Producer prices

Estimated reading time: 8 minutes The previous articles in this series focussed on aspects relating...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met...