In Dinsdag, 9 Desember se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Nelius Ferreira, voorsitter van Bonsmara SA, vertel van 2025 se hoogtepunte en vooruitsigte vir 2026.
- Liesl Breytenbach, uitvoerende direkteur van AFMA, deel met ons hulle hoogtepunte van die afgelope jaar en vertel watter groot geleenthede in 2026 voorlê.
- Johan Gunter gesels met Willie Jacobs, uitvoerende hoof van Aartappels SA, oor uitdagings en geleenthede in die aartappelbedryf. Ons hoor wat produsente in 2026 te wagte kan wees.
- Dawie Killian van die OVK-wolkantoor bespreek die laaste stel wolpryse vir vanjaar.
- Susan Marais van Plaas Media gesels met Theo Boshoff, uitvoerende hoof van Agbiz, oor 2025 se bedryfsuitdagings en geleenthede.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

