In vandag se RSG Landbou kry ons terugvoer oor Raisins SA se rosyntjiesimposium en ons kry raad oor die gebruik van feromone as deel van ‘n biologiese plaagbeheerprogram.
Raisins SA hou rosyntjiesimposium
Suid-Afrikaanse rosyntjies is in hoë aanvraag in Europa en die toekoms van die bedryf lyk rooskleurig. Raisins SA het onlangs ‘n baie geslaagde rosyntjiesimposium op Kakamas in die Noord-Kaap gehou. Die hoof van die Raisins SA, Wessel Lemmer, gee terugvoer.
Gebruik van feromone as deel van ‘n biologiese plaagbeheerprogram
Daar is toenemende druk op landbouprodusente om alternatiewe plaagbeheerpraktyke toe te pas. Ons gesels met dr Vernon Steyn van Insect Science oor die gebruik van feromone as deel van ‘n biologiese plaagbeheerprogram.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.
