HomePodcastsRSG Landbou: 29 Oktober 2025

RSG Landbou: 29 Oktober 2025

-

In vandag se RSG Landbou gesels ons met Melk SA oor hulle navorsingsprojekte en Johan Styger vertel ons meer oor doeltreffende koeie en kalwers in ‘n kudde.

Melk SA navorsingsprojekte

Sporidesmin-toksisiteit word veroorsaak deur ‘n swam wat hoofsaaklik op raaigras voorkom, en affekteer die lewer van melkbeeste. Dr Anthony Davis lei tans ‘n navorsingsprojek vir Melk SA en hy gesels oor sy benadering tot die projek en wat dit behels.

Doeltreffende koeie en kalwers in ‘n kudde

Johan Styger het tydens vanjaar se Lewendehawe Registrerende Federasie (LRF) Veeskool ‘n praktiese sessie oor die doeltreffendheid van ‘n koei/kalf-onderneming aangebied en ons het hom daaroor uitgevra.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...