Polisieman vas oor veediefstal

Estimated reading time: 2 minutes

ʼn Lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se veediefstal- en bedreigde spesies-eenheid in Standerton, konstabel Siyabonga Cindi, is in hegtenis geneem in verband met die diefstal van minstens 29 beeste ter waarde van sowat R367 500 in die Perdekop-omgewing in Mpumalanga. Hy het op 29 Augustus in die hof verskyn en sy borgaansoek-verhoor is tot 29 September uitgestel.

Van die vermoedelik gesteelde beeste is na bewering by die woonplek van die beskuldigde gevind. Die inhegtenisneming volg op ʼn lang ondersoek deur die polisie in samewerking met verskeie boere van die Standerton-, Perdekop- en Greylingstad-omgewing.

Lang betrokkenheid by veediefstal

Konstabel Cindi was vermoedelik by verskeie veediefstal-aangeleenthede betrokke en verdere aanklagte kan uit die ondersoek voortvloei. Hy is glo die afgelope sowat sewe jaar by die eenheid in diens.

Die twee geleenthede waarvan hy nou beskuldig word, het in Februarie en April in die Perdekop-omgewing plaasgevind toe onderskeidelik 14 beeste ter waarde van sowat R270 000 en 15 beeste ter waarde van sowat R97 500 beeste na bewering gesteel is.

Georganiseerde landbou reageer

TLU SA sê in ʼn verklaring dit is besonder ontstellend dat ʼn polisielid wat juis moes help om veediefstal te bekamp, vermoedelik sy posisie misbruik het om homself te verryk. Die inhegtenisneming wys duidelik dat niemand bo die reg verhewe is nie en daarom ondersteun en verwelkom TLU SA die inhegtenisneming. Hy ondersteun ook die aansoek dat geen borgtog toegestaan word nie, sê Henry Geldenhuys, president van dié organisasie.

Geldenhuys bedank ook ao. Hennie Koch van die SAPD vir sy onbaatsugtige harde werk én die boere wat saamgewerk het om die vermeende veedief vas te trek. Hy glo dat die samewerking tussen toegewyde boere en eerlike polisiemanne nie net goeie resultate oplewer nie, maar ook help om gemeenskappe se vertroue in die SAPD ʼn broodnodige hupstoot te gee.

Ronnie Schilling, streekbestuurder van TLU SA se Oos-streek, sê die inhegtenisneming bevestig dat volgehoue druk en deeglike ondersoekwerk resultate oplewer. Dit is syns insiens ʼn stap in die regte rigting om boere se vertroue te versterk dat veediefstal nie ongestraf sal voortgaan nie. – Andries Gouws, Plaas Media

Related Posts

Overberg Agri voeg waarde toe met ’n voorplant-inligtingsdag

Estimated reading time: 3 minutes Overberg Agri het onlangs ’n voorplant-inligtingsdag by Rietpoel, naby Caledon en Riviersonderend, aangebied. Onderwerpe soos kultivar-evaluasies...

Pronkerige perde en pluimvee in die kollig by Swellendam se skou

Estimated reading time: 7 minutes “Lekker kos, lekker musiek, en...

Overberg-jongooiklub streef na ’n meer effektiewe Merino-skaap

Estimated reading time: 4 minutes Die Overberg-jongooiklub se klublede het...

Grain producers brace for costs rise and prices fall

Estimated reading time: 6 minutes Grain producers are facing turbulent...

Closing maize yield gap could elevate SA to US levels

Estimated reading time: 2 minutes Improving a harvest begins with...

Riversdal-skou vloei vlot

Estimated reading time: 7 minutes Riversdal se 158ste skou met...