Koershou met Hennie

Met trots geborg deur Toyota SA.

Nuwe planne vir ou vyande

Estimated reading time: 4 minutes

Die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer (BEK) het darem vir ’n tikkie goeie nuus gesorg, naamlik dat waterstofperoksied die BEK-virus in waterbronne doodmaak.

Ons plaaslike farmaseutiese verteenwoordiger het op die plaas kom besoek aflê en verduidelik dat toetse wat by Onderstepoort Biologiese Produkte uitgevoer is, bevestig het dat ’n kolloïdale silwer waterstofperoksied-ontsmettingsmiddel 99,99% van die BEK-virus in waterbakke, damme en gemeenskaplike tenks, selfs teen lae temperature, kan uitwis. Die jongman hoop nou dat alle veeprodusente in die distrik waterontsmetting as ’n strategiese protokol in hul biosekuriteitsprotokolle sal insluit om sodoende die verspreiding van BEK te help bekamp.

Hoewel ek nie heeltemal oortuig is dat die behandeling van waterbronne die verspreiding van BEK sal vertraag nie, is ek bereid om enige wapen in hierdie eeue oue oorlog op die proef te stel. Daarom het ons ’n klein pompie by een van ons voerkrale aangebring om vas te stel hoe ’n maand se blootstelling aan besmette water die mikrobioom in ’n skaap se maag, waarop hulle staatmaak om hul voer te verteer, sal affekteer.

Spoeg in die wind

Terwyl die verteenwoordiger klem gelê het op die feit dat waterstofperoksiedbehandelde water veilig is om te drink, weet ek dat hierdie chemikalie ook ’n uiters doeltreffende bakteriedoder is – een wat nie onderskei tussen skadelike patogene en die voordelige mikrobes waarop skape (en mense) vir gesonde vertering staatmaak nie. Die laaste ding wat ek wil doen is om my diere skade te berokken in ’n poging om ’n paar virusse in die water uit te wis.

My skeptiese siening oor die teiken van waterbronne in die stryd teen BEK is op twee studies gegrond. ’n Studie wat in 1971 onderneem is, toon dat die BEK-virus 104 tot 105 keer meer aansteeklik is wanneer dit ingeasem pleks van ingesluk word. Nog ’n studie in 2001 het bevestig dat, hoewel windoordrag redelik skaars is, dit steeds verreikend kan wees. In hierdie studie het wind die virus 60km oor land en meer as 250km oor die oseaan versprei.

Daarom glo ek dat die ontsmetting van watertrôe en damme om BEK te probeer voorkom, basies net so effektief sal wees soos om wind-in te probeer spoeg.

Aarto stuk-stuk aan die gang

“Spoeg in die wind” – dit is hoe ons dorp se vriendelike verkeersbeampte die langverwagte bekendstelling van die bestuurslisensie-strafpuntestelsel beskryf het, terwyl ons dié netelige saak bespreek.

Ek het gegrap dat dit dalk goedkoper sal wees as ek eerder net die boete betaal wanneer ek die plaaslorrie sonder ’n lisensie bestuur, as om die stewige bedrag vir ‘n vragmotorlisensie op grond van ons provinsiale vereistes opdok. Maar die verkeersman het gewaarsku dat dit nie meer teen Oktober ’n opsie sal wees nie, want dit is wanneer die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto)-stelsel in ‘n skamele 69 van die 257 munisipaliteite regoor die land in werking sal tree.

In die gees van die vertragings wat die wet al sedert sy aankondiging in 1998 kenmerk, was ons ywerige verkeersbeampte self nie seker of ons dorp een van dié is waarin Aarto eerste geïmplementeer gaan word nie. Maar soos my geluk dit wil hê, sal dit waarskynlik die geval wees.

Hy het ook benadruk dat sekere oortredings, soos om te bestuur sonder ’n nommerplaat of ’n lisensie, nie meer ’n boete sal dra nie. Jy gaan eerder ses punte op jou lisensie-telkaart verloor en hof toe gaan, boeta! 

Span die Toyota-toep in

Ons dorp se gawe verkeersbeampte was ook nie seker of die Aarto-stelsel op ons berugte blouligbrigade-bestuurders van toepassing sal wees nie. Net anderdag het so ‘n konvooi my van die pad af gedwing toe hulle teen ’n eenrigtingstraat opgejaag het terwyl ek rustig op pad was dorp toe.  

Dit is ook onduidelik hoe al die hofverrigtinge hanteer sal word, aangesien die meeste landdroste toegegooi is onder ’n berg van kriminele sake en slegs ’n beperkte aantal verkeersoortredings sal kan akkommodeer.

Ek het besluit om liewers die Toyota-toep af te laai – dit is iets wat Mbali, ons plaaskantooradministrateur, my al jare lank aanraai om te doen. Een van die talle funksies op die toep stel haar in staat om ons voertuiglisensies te hernu en op die plaas te laat aflewer. Dit spaar my die moeite om dit self te doen en hopelik enige toekomstige onmin met die howe te vermy.

Hierdie toep bied baie meer as net inligting oor diensskedules en kan jou in der waarheid baie ongerief en drama spaar.