RSG Landbou: 11 Augustus 2025 – geborg deur BKB

In vanoggend se RSG Landbou is daar gesprekke oor sojabone, skoue en sampioene.

Brasilië gee toon aan met sojabone

Brasilië is tans die wêreldleier in sojaboonproduksie. Dr Leonardo Diniz was een van die sprekers by die onlangse sojaboon-simposium en RSG Landbou het daar met hom gesels.

BKB trots betrokke by twee skoue

Pierre Vlok van BKB praat oor hulle teenwoordigheid by twee skoue in September – die Swartlandskou asook NAMPO Kaap.

Navorsing oor wit knopiesampioene

Ons vind ook meer uit oor navorsing wat produsente help om nuwe maniere te vind om wit knopiesampioene volhoubaar te kweek. Ons praat onder meer met prof Lise Korsten van die Universiteit van Pretoria se Plantpatologie-navorsingsgroep.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

The wild side of nutrition

Estimated reading time: 4 minutes Various game animals roam the vastly different landscapes of South...

Geniet sukses met ’n goeie winterlekprogram

Estimated reading time: 4 minutes Deur ’n goed-deurdinkte winterlekprogram te volg, kan jy die toekomstige...

Dynamics of the South African lucerne hay industry (Part 4): Producer prices

Estimated reading time: 8 minutes The previous articles in this series focussed on aspects relating...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met...