Moenie Vrydag 9 Mei se uitsending van LandbouRadio misloop nie! Kyk uit hiervoor:
- Ons kraakvars landbounuusbulletin.
- Elriza Theron van Croplife SA het meer inligting oor hulle reeks webinaars in 2025.
- Johan Gunter gesels met Clinton Collett van die Venterstad-distrik oor hul SA Stamboek/Vleissentraal Elite-toekenning in die kategorie vir vleis- en dubbeldoel-kleinveerasse.
- En in die volgende Onder die Hamer-insetsel praat die einste Johan Gunter onder meer met die streekswenner (Bloemfontein) van vanjaar se Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.


