Die waarde van lekaanvullings vir vee op droë en stoppellande kom onder bespreking in vanoggend se RSG Landbou. Ronél Joubert van Feedtek brei ook uit die waarde van ‘n gebalanseerde lek en watter minerale belangrik is.
Dan kuier Nico Fouché van Melk SA in die ateljee om oor hul rol binne die suiwelwaardeketting te gesels en wat hulle vir 2025 beoog.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.