Estimated reading time: 5 minutes
- Om bloedarmoede en ân armoedige bankbalans te voorkom, moet produsente hul sake netjies bestuur om maagslakbesmetting in skape, beeste, bokke en wilde herkouers te verhoed.
- Hoewel beeste beter weerstand teen diĂ© parasiet het en waarskynlik minder geneig is om te vrek, kan maagslakbesmetting die dier se kondisie ernstig verswak, wat weer tot swak besetting en gevolglik ân lae kalfpersentasie en algemene swak prestasie kan lei.
- âNat, vleiagtige gebiede is ân gunsteling versamelpunt vir maagslakke,â sĂȘ dr Kobie Kroon van Econovet. âDie parasiet word in sy metacercariae-stadium ingeneem. DiĂ© piepklein slakwurms kleef meestal aan grashalms of ander plantmateriaal op die rante van waterbronne vas. Die parasiet kan egter ook oor kort afstande deur watervoĂ«ls vervoer word.
- Dr Kroon sĂȘ peervormige maagslak is meestal in die herfs- en wintermaande ân probleem, wanneer kos skaars begin raak.
- Produsente moet bewus wees van die feit dat die herfs- en wintermaande die grootste probleme met maagslakbesmetting oplewer.
Om bloedarmoede en ân armoedige bankbalans te voorkom, moet produsente hul sake netjies bestuur om maagslakbesmetting in skape, beeste, bokke en wilde herkouers te verhoed. Hoewel dit tot ân mindere mate in perde en donkies voorkom, is diĂ© diere nie immuun teen hierdie parasiet nie.
Gevalle is aangeteken waar meer as ân derde van ân skaapkudde uitgewis is weens akute uitbrekings, sĂȘ dr Kobie Kroon van Econovet in Standerton.
Hoewel beeste beter weerstand teen diĂ© parasiet het en waarskynlik minder geneig is om te vrek, kan dit die dier se kondisie ernstig verswak, wat weer tot swak besetting en gevolglik ân lae kalfpersentasie en algemene swak prestasie kan lei. Die moontlike rede vir hierdie hoĂ«r weerstand by beeste kan die teenwoordigheid van groot getalle volwasse slakke in die rumen wees.
Lees meer oor soja-oesreste vir skape hier.
ân Seisoenale probleem
âNat, vleiagtige gebiede is ân gunsteling versamelpunt vir maagslakke,â sĂȘ dr Kroon. âDie parasiet word in sy metacercariae-stadium ingeneem. DiĂ© piepklein slakwurms kleef meestal aan grashalms of ander plantmateriaal op die rante van waterbronne vas. Die parasiet kan egter ook oor kort afstande deur watervoĂ«ls vervoer word.
âNog ân plek waar dit kan versprei, is op aangeplante weiding. Die weiveld word gewoonlik besmet as water uit besmette waterbronne gepomp word. Die simptome wat produsente waarskynlik sal opmerk is dat diere sal vermaer, erge diarree sal ontwikkel, waarna groot getalle vrektes kan voorkom. Vrektes kom voor binne vyf tot nege dae nadat diarree sigbaar geword het.â
Produsente moet deeglik kennis neem van die feit dat die herfs- en wintermaande die grootste probleme oplewer.
Dr Kroon sĂȘ peervormige maagslak is meestal in die herfs- en wintermaande ân probleem, wanneer kos skaars begin raak. âIn die somer wei diere gewoonlik op hoĂ«rliggende areas en sodra weiding skaarser begin raak, word hulle na laer, vogtiger gebiede â soos vleikampe â verskuif.â Slakke is gewoonlik ân gekonsentreerde las in diĂ© areas.
Produsente moet besef dat droĂ«r weersomstandighede nie beteken dat die risiko vir besmetting laer is nie. Inteendeel, die besmetlike stadium (metacercariae) droog relatief vinnig uit op die verdroogde plantmateriaal en sterf, waar die volwasse slak baie langer oorleef omdat dit reeds na die laerliggende dele met meer vog migreer het. Dit is juis hier waar die weiding nou vir die diere beter is. âIn droĂ«r jare is die watergate meer gekonsentreer waar die slakke dan ook in baie groter getalle voorkom.â
Leer hoe om lintwurms te bekamp hier.
Lewensiklus van ân maagslak
Wanneer die metacercariae ingesluk is, beland die onvolwasse slakkie in die eerste gedeelte van die dunderm, sĂȘ dr Kroon. âHier kom die meeste skade voor en hulle migreer dan na die rumen, waar hulle as volwasse slakke vasheg.â In die rumen, oftewel grootpens, veroorsaak die slakke min of geen skade. Die slakke lyk ook in hierdie stadium soos rooi pitte â soortgelyk aan granaatpitte.
In die grootpens of rumen word eiers egter gelĂȘ, wat deur die bees se mis uitgeskei word en die ketting voortsit. Die eiers broei na 12 tot 26 dae uit en staan nou bekend as miracidia, wat waterslakke penetreer. Die volgende stadium, bekend as metacercariae, ontwikkel binne hierdie waterslakkie vanwaar hulle dan vrygestel word en aan plantmateriaal vasheg.
Die metacercariae word weer deur diere ingeneem en die siklus gaan voort. âDie hele siklus â vandat eiers uitgeskei word totdat die volgende volwasse slakke weer eiers lĂȘ â neem gewoonlik ân minimum van 110 dae.â
Voorkoming van slakke
Produsente moet bewus wees van die feit dat die herfs- en wintermaande die grootste probleme oplewer. Weidingsbestuur is van uiterste belang by die voorkoming van maagslak. âVleikampe moet selektief bewei word en staande water moet verkieslik afgekamp word.â
Produsente moet ook seker maak dat hul besproeiingswater nie uit besmette waterbronne kom nie. Waterkrippe moet skoon wees, sodat die diere nie besmette bronne vir drinkwater hoef te gebruik nie.
Dit is raadsaam om diere met middels soos oxyklosanied en klosantel te doseer. âDeur voorkomend te doseer, soos aan die einde van langdurige droogtes of erge kouetydperke, kan ons voorkom dat miljoene eiers op die veld beland en die besmetting gedurende die volgende seisoen vererger.â – Susan Marais, Veeplaas
Vir meer besonderhede, kontak dr Kobie Kroon by 082 574 1022 of kobie@econovet.co.za.
