RSG Landbou: 9 Julie 2024 – geborg deur BKB

Dean Barnard, ‘n hops-, pruim-, amandel- en pekanneutboer van George is vanjaar aangewys as Agri Wes-Kaap se jongboer vir 2024.

Waarde vir geld is waarna ‘n produsent op soek is wanneer landboutoerusting aangekoop word. So sê die nuut aangestelde besturende direkteur van Smith Power Equipment, David Kelder. Hy brei uit oor die ontwikkeling in tegnologie, die waarde van goeie kliëntediens en sy visie vir landbou.

Ons gesels ook met die hoof van regsintelligensie by Agbiz, Annelize Crosby. Sy het kommentaar gelewer op die twee ministers wat vir landbou verkies is in Suid-Afrika asook die nuwe klimaatsverandering-wetsontwerp. 

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on...

Suiwelgehalte en -veiligheid vat die voortou

Estimated reading time: 4 minutes Die Suiwelstandaard-agentskap (SSA) is toegewy tot die bevordering van sy...

AFMA Matrix April 2026 now available

In the April 2026 edition of AFMA Matrix, the spotlight falls on the newly...