Thursday, December 12, 2024

Vrystaat-jeugskouspan maak reg vir nasionaal

Estimated reading time: 4 minutes

Die Vrystaat-jeugskouspan is oorgehaal vir die Nasionale Jeugskou wat vanjaar van 22 tot 25 September in Middelburg in Mpumalanga plaasvind. Dit volg nadat verskeie leerlinge in verskillende ouderdomsgroepe van die Hoërskool Trio in Kroonstad en Hendrik Potgieter-landbouskool in Reddersburg, hul staal tydens die provinsiale kampioenskap in Kroonstad gewys het.

Jorinda Swanepoel, voorsitter van Vrystaat-jeugskou, sê die beoordelaars in die verskillende kategorieë was in hul skik met van die deelnemers se goeie skoumanskap. Volgens haar het die deelnemers ’n goeie standaard gehandhaaf en hulle goed van hul taak gekwyt. Die eerste drie plekke in elke afdeling het vir die span gekwalifiseer. Wenners is in al die verskillende afdelings aangewys.

Kyk saam na Plaas TV se insetsels oor landbouskoue hier.

Delinda Serfontein van Trio Hoërskool het vir die senior perde-afdeling gekwalifiseer. In die afdeling vir kulinêre kuns was Elmien Coetzee eerste, Chanty Bam tweede, en Danelle van der Bank derde in die junior-afdeling. In die senior-afdeling het Lize-Marie Nel gewen met Rea Ntshedi in die tweede plek.

In suiwelbereiding was Liana Cloete eerste in die junior-junior-ouderdomsgroep. Haar sussie, Nicole, het die junior-afdeling gewen. Janke Hendriks was eerste in die senior-afdeling. Al hierdie deelnemers is van Hendrik Potgieter-landbouskool. – Christal-Lize Muller, Plaas Media

Vir meer inligting, kontak Jorinda Swanepoel by 079 873 5225.


22ste Nasionale Jeugskou-kampioenskap was een vir die boeke!

Die Nasionale Landboujeugskou het einde verlede jaar vir die 22ste keer hul nasionale kampioenskap aangebied. Die geleentheid het in die Wes-Kaap in Clanwilliam, by die Augsburg Landbougimnasium, plaasgevind.

Baie lesers sal dalk nou wonder: “Wat behels ’n jeugskou?” Die primêre doel van jeugskou is om ’n liefde vir landbou onder die jeug te kweek. Dit is ’n lekker buitemuurse aktiwiteit vir skoolkinders waarin hulle ’n reeks vaardighede aanleer. ’n Jeugskou bevorder onder meer spanwerk en self-dissipline. Leerders kan aan een van 16 kategorieë deelneem: beeste (vleis en suiwel), bokke (vleis, suiwel en wol), skape (vleis en wol), perde, varke, duiwe (wedvlug en sierduif), hoenders, konyne, suiwelbereiding, kulinêre kunste en afslaers.

Brommers kan ‘n skaap lewendig opvreet

Estimated reading time: 4 minutes Brommers wat skape aanval, vreet die diere feitlik lewend op. Groenbrommers...

Only an effective vaccination plan can prevent lumpy skin disease

Estimated reading time: 6 minutes Every year producers suffer substantial losses because of their cattle...

Feeding for fertility: How early-life nutrition impacts dairy herds

Estimated reading time: 7 minutes The Guinness World Record holder cow for lifetime milk production,...

Só lyk ’n goeie voerkraallam

Estimated reading time: 5 minutes Die ideale voerkraallam is laat-volwasse, toon uitstekende groei, handhaaf goeie...