Plaas TV dek skoue met iets vir almal

Estimated reading time: 2 minutes

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • The Bathurst Agricultural Society is a non-profit organisation which was formed in 1848 on the 12th of April (firstly known as the Lower Albany Agricultural Society until the 25th August 1903) and is dedicated to supporting future agriculture and affiliated industry. The Bathurst Agricultural Show is the largest and one of the oldest in the Eastern Cape and will this year be held from 22 24 March. Neil Scott tells us more.
  • Rooivleispryse, wolpryse, jeugskou en Hackney-perde was maar van die onderwerpe wat aandag geniet het by die afgelope Beaufort-Wes-landbouskou. Plaas Media was die ekslusiewe mediaborg van dié geleentheid en het hier met rolspelers gesels.
  • Die Griekwastad-skou groei van jaar tot jaar en vanjaar was dit weer die geval. Die organiseerders kon spog met een van die grootste skoue in hul geskiedenis met meer as 600 diere wat op 14 en 15 Maart vertoon is. Plaas Media se Koos du Pisanie het ook dié skou bygewoon en hier met ‘n paar rolspelers gesels.
  • Een van die hoogtepunte op die jaarlikse skoukalender, Bloemskou, is om die draai en beloof om weer vanjaar te beïndruk. Met meer as 6 000 stuk lewendehawe en 21 kampioenskappe, kan besoekers voorwaar uitsien na die room van die oes wat vee betref. Elmarie Prinsloo vertel ons nou meer.
  • Die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeurprojek is reeds in volle swang en Nedbank is sedert die ontstaan van die projek in 2022 betrokke. Daneel Rossouw gesels nou met Lise Roberts oor die rol wat klimaatslimboerderypraktyke by onder andere risikoverskansing.

Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.

Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!

Klik op die YouTube kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A

Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after...

’n Belegging in prestasietoetsing verseker volhoubare kuddeverbetering

Estimated reading time: 4 minutes Diere se prestasie word bepaal deur hul genetiese samestelling sowel...

Pak die lente- en groenweidingsuitdagings trompop

Estimated reading time: 4 minutes Die lenteseisoen in Suid-Afrika se somerreënvalgebiede kan om verskeie redes...

Unlocking production potential, one step at a time

Estimated reading time: 8 minutes Unlocking the full production potential of the livestock industry –...