Tuesday, October 8, 2024

22ste Nasionale Jeugskou-kampioenskap was een vir die boeke!

Estimated reading time: 2 minutes

Die Nasionale Landboujeugskou het einde verlede jaar vir die 22ste keer hul nasionale kampioenskap aangebied. Die geleentheid het in die Wes-Kaap in Clanwilliam, by die Augsburg Landbougimnasium, plaasgevind.

Baie lesers sal dalk nou wonder: “Wat behels ’n jeugskou?” Die primĂȘre doel van jeugskou is om ’n liefde vir landbou onder die jeug te kweek. Dit is ’n lekker buitemuurse aktiwiteit vir skoolkinders waarin hulle ’n reeks vaardighede aanleer. ’n Jeugskou bevorder onder meer spanwerk en self-dissipline. Leerders kan aan een van 16 kategorieĂ« deelneem: beeste (vleis en suiwel), bokke (vleis, suiwel en wol), skape (vleis en wol), perde, varke, duiwe (wedvlug en sierduif), hoenders, konyne, suiwelbereiding, kulinĂȘre kunste en afslaers.

Leerders neem in hul onderskeie provinsies deel. Die deelnemende provinsies is Limpopo, Noordwes-Noord, Noordwes (NW), Namakwaland, Westelike Provinsie (WP), Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal (KZN) en Mpumalanga. Daar is ook ouderdomsgroepe waarin leerders deelneem, naamlik junior-junior (onder tien jaar oud), junior (onder 14 jaar oud) en senior (onder 18 jaar oud).

Lees meer oor die 2022 nasionale jeugskoukampioenskap hier.

Die hoe en wat

Die jeugskou gaan grotendeels oor skoumanskap, en dit verg baie oefening en voorbereiding. Leerders oefen oor naweke of volgens ’n skedule wat deur die onderskeie provinsiale jeugskouliggame uitgewerk is. ’n Deel van die voorbereiding behels dat leerders toets moet skryf oor hulle onderskeie skouklasse, waarna hulle die diere moet was en voorberei, hulle resepte (in die geval van kulinĂȘre kunste) moet voorberei, of opveil-oefenrondtes (in die geval van afslaers) moet aflĂȘ. En alles tel punte!

Leerders neem deur die loop van die jaar aan streeks- en provinsiale skoue deel en elke provinsie kies na afloop van hierdie skoue ’n span wat hulle by die nasionale kompetisie sal verteenwoordig. Hier neem leerders individueel deel, asook in groepe waar diere (uitsluitend varke, pluimvee en konyne) betrokke is.

Dit is jeugskou in ‘n neutedop, maar dit is beslis nie die hele storie nie! Gaan loer gerus na die Plaas/Farm TV-insetsel oor die 2023 Nasionale Jeugskoukampioenskap om te sien wat die skoumanklasse behels en wat leerders asook ouers se siening oor jeugskou is. – DeidrĂ© Louw, Plaas Media

Besoek die SA Jeugskou Facebook-blad vir meer inligting.

Wees lief vir jou motor

Estimated reading time: 4 minutes “Waarom poets Mbali ons Stout se wiele blink?” vra Gert...

Boosting communal sheep production

Estimated reading time: 8 minutes The National Wool Growers’ Association (NWGA) has significantly increased wool...

Veldverbetering is ’n 100-jaar wedloop

Estimated reading time: 7 minutes Charl, 2024 se Veeplaas Klimaatslim-ambassadeur, sĂȘ dit is vir hom...

A healthy gut makes for a healthy pig

Estimated reading time: 5 minutes The diets of healthy pigs consist of a series of...