Wenner in die 2025 Toyota SA Nasionale Jong Afslaerkompetisie gekroon

Estimated reading time: 4 minutes

Die wenner van Plaas Media se Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie is op Vrydag, 12 September 2025, by NAMPO Kaap in Bredasdorp aangewys. Vyf puik aspirant-afslaers het om die titel meegeding, maar dit was Toog Vermaak wat uiteindelik met die louere weggestap het. Die kompetisie is vanjaar vir die twaalfde keer aangebied met Toyota SA wat sedert die aanvang van die kompetisie, die naamborg is.

Tydens die eerste streeksrondte by Bloemskou in Bloemfontein het Pietman Oosthuizen en Pieter Viljoen eerste en tweede plekke verwerf. Die tweede streeksrondte het by die Thabazimbi Landbou- en Nywerheidskou in Augustus plaasgevind. Dit was die eerste keer dat ’n streeksrondte by dié skou aangebied was. Toog Vermaak en Christie van Schalkwyk het hier die eerste en tweede plek verower. Kevin Olivier was die vyfde finalis.

Deelnemers word in verskeie kategorieë beoordeel. Voorkoms, inleiding en aanslag, duidelikheid van spraak, stembeheer, doeltreffendheid en kontak met die gehoor, vermoë om ’n bod en hoër bod te vra en te kry, afslaersvernuf, en veekennis is alles in aanmerking geneem.

Van links is Kevin Olivier wat ’n tweede plek verwerf het, Toog Vermaak, wenner, Appie Maritz, beoordelaar en BKB-afslaer, en Pietman Oosthuizen wat ’n derde plek verwerf het.

Meer oor Toog Vermaak

Vermaak het as ’n waardige wenner uit die stryd getree en sê vandat hy die eerste keer ’n afslaer in aksie gesien het, was dit sy droom om hierdie beroep te volg. Die persoonlikheid, die verskil wat ’n afslaer aan ’n veiling kan maak, en alles wat daarmee gepaard gaan het dit vir hom ’n aanloklike loopbaanopsie gemaak.

Die lekkerste deel van afslaer-wees, sê hy, is die gevoel van tevredenheid om vir ’n veeprodusent die prys te kry wat hy wou hê en dat almal, nie net die verkoper nie, maar ook die koper, gelukkig is met hoe dinge verloop het. Hy dra sy opregte dank aan Vleissentraal Bosveld oor, aangesien hulle aan hom die geleentheid gegee het om by hulle krale te oefen voordat hy uiteindelik hulle werksmag betree het.   

Finaliste met potensiaal

Appie Maritz, een van die beoordelaars by vanjaar se finaal, se geheelindruk van die vyf finaliste is dat elkeen dit as ’n suksesvolle afslaer kan maak. Maritz het na afloop van die kompetisie gesê aspirant-afslaers moet wel daarteen waak om té vinnig te wil praat – dit is ’n wanpersepsie dat afslaers vinnig hoef te praat. Ritme, stembeheer en -duidelikheid, asook selfvertroue is veel belangriker as dit kom by afslaer wees. Hy waarsku ook teen die behoefte om te veel inligting te probeer weergee. “Kies liewers ’n paar belangrike aspekte oor die dier uit en beklemtoon dit. Moet ook nie die voorwaardes en terme uitrek nie. Sê net wat werklik nodig is.”

Agter van links is Kevin Olivier, Toog Vermaak, en Pietman Oosthuizen. Voor van links is Christie van Schalkwyk, Pieter Viljoen, en Appie Maritz.

As deel van sy wenprys, sal Vermaak in 2026 aan die internasionale afslaerskompetisie in Calgary, Kanada deelneem. Vorige wenners wat ook hul staal daar gaan wys het, is onder andere verlede jaar se wenner, Fiso Hadebe, en 2022 se wenner, Tom Hodgson. Die kompetisie het reeds vir verskeie van sy wenners ’n deur in die afslaersbedryf oopgemaak. Ander voormalige kompetisiewenners is André van Zyl (2014), Gareth Hughes (2015), Steven Mathews (2016), Gavin Mathews (2017), Barco van Niekerk (2018), JP Marais (2019), Hennie Goosen (2020), Henri Byleveldt (2021), en Vincent Pike (2023). – Persverklaring, Plaas Media

Vir meer inligting oor 2026 se Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie, kontak Deidré Louw by 066 231 2430 of stuur ’n e-pos aan deidre@plaasmedia.co.za

Must read

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...

LandbouRadio: 3 April 2026

In Vrydag, 3 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met 'n plaasvars landbounuusbulletin. ⁠Tydens die Afrika Saadverhandelingsvereniging se kongres in...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on the other hand, is the misfortune, accident, or disaster that...