Benut tegnologie om landboutransformasie aan te vuur

Estimated reading time: 3 minutes

Die Suid-Afrikaanse landbousektor word deur onontginde potensiaal gekenmerk. Die uitgestrekte landskap, vrugbare grond en merkwaardige weerstelsels bied geleenthede vir groei en ekonomiese transformasie. Daar is egter steeds kwessies rondom beperkte produktiwiteit, ’n tekort aan belegging en infrastruktuur wat swak onderhou word.

Terselfdertyd is daar ook bestaande uitdagings ten opsigte van voorsieningskettings en toegang tot voorraad en dienste. Om hierdie uitdagings volhoubaar en transformatief te takel, moet daar konsekwente belegging in innoverings en samewerking wees wat die sektor kan help om te hervorm en die toekoms te herdefinieer.

Volgens die Verenigde Nasies (VN) is die kontinent steeds besig om sy voete te vind ná die Covid-19-pandemie, en mense se lewens sowel as lewensonderhoud bly in gevaar. Die VN het verskeie inisiatiewe daargestel en ontwerp om die transformasie van landbou regoor Afrika aan te help, maar onderstreep die waarde van beleggings in oplossings wat volhoubaarheid in die struktuur van die sektor insluit.



Hierdie siening word weerspieël in ’n onlangse ontleding deur Brookings wat beklemtoon hoe die Vierde Industriële Revolusie se tegnologie die produktiwiteitskwessies wat transformasie in hierdie sektor kniehalter, kan aanspreek. Die navorsing het egter ook getoon dat dit verder as bloot net tegnologie moet strek. Ware transformasie gaan oor meer as belegging in die digitale sektor. Dit gaan ook oor die vorming van die digitale narratief wat verseker dat digitale aanwending werklik resultate lewer.

Die Suid-Afrikaanse landbouverhaal is ingewikkeld en daar is geen maklike oplossings nie. Daar is geen kitsplatform wat die kwessies rondom die ineenstorting van die infrastruktuur, onbetroubare kragvoorsiening en swak markprestasie kan takel nie. Maar daar is wel hulpmiddels wat die sektor kan help om sy marktoegangsbestuur, kliënte- en privaatbeleggingstoegang, sowel as veerkragtigheid in elke aspek van die besigheid te inkorporeer.

Oorbrugging van uitdagings

’n Uitstekende voorbeeld hiervan is hoe tegnologie aangewend is om die waterprobleem aan te spreek. Omdat Suid-Afrika as ’n semi-droë land met lae reënval beskou word, is betroubare waterbronne vir die landbousektor van onskatbare waarde. Dit het gelei tot die ontwikkeling van intelligente waterbestuuroplossings wat planthidrasie en bronne kan bestuur.

Van die voorste oplossings op hierdie gebied is Nosetsa, ’n oplossing wat produsente help om meer volhoubare besproeiing te ontwikkel, slim, aanlyn gedrewe waterbestuurhulpmiddels met sensors wat waterverbruik en -verspreiding bestuur, en kunsmatige intelligensiestelsels wat watergebruik outomatiseer, ontleed en bestuur.

Hierdie innovasie kan gesien word in beginnersbesighede en oplossings wat tans die Suid-Afrikaanse landbousektor transformeer. Organisasies soos Aerobotics, ’n slim-ontledingsmaatskappy, Khula!, ’n sagteware- en mobiele bemarkingsplatform, Biotikum, ’n verskaffer van mikrobiese bymiddels, en Ooka, ’n bemarkingsplatform vir kleinboere, blaas nuwe lewe in ons landboubedryf. Dit word ondersteun deur instansies in die openbare sektor, soos die Technology Innovation Agency wat innovering in die sektor befonds, en oplossings wat plaaslike uitdagings direk aanspreek, ontwikkel.

Belegging in strategiese landbouprioriteite en slim waardegebaseerde inisiatiewe, en die modernisering van landbou-infrastruktuur het die potensiaal om die Suid-Afrikaanse dialoog fundamenteel te verander. Dit kan Afrika stewig op die wêreldwye verhoog plaas en sy potensiaal as die broodmandjie van die wêreld versterk. Dit kan kompleksiteit in geleenthede omskep en produsente die kans gee om besighede te bou wat gemeenskappe en die ekonomie regstreeks bevoordeel.

Nedbank is verbind tot groei en transformasie in die landbousektor en is voortdurend besig om sy produkte en dienste aan boere en landboubesighede uit te brei en te verbeter. Sy innoverende tegnologie, hegte vennootskappe, die ontwikkeling van nuwe produkte en verhoudingsgebaseerde benadering voorsien kliënte van finansiële oplossings wat hul groei-ambisies op ’n volhoubare manier ondersteun. – John Hudson, Nedbank se nasionale hoof van landbou

Vir meer inligting oor Nedbank Kommersiële Banksake, stuur ’n e-pos aan edwinn@nedbank.co.za.

Nedbank logo

Must read

hoender hoenders pluimvee

Astral weer winsgewend

Estimated reading time: 3 minutes “Alhoewel die omkeerstrategie van Astral ’n duidelike sukses is, is die maatskappy se bestuur nie tevrede met die dun winsmarge wat hulle vir die eerste helfte van 2024 kon...

Katoen-verwysingsprys: Week van 13 tot 17 Mei

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...
Die LlimaLethu-bemagtigingsprojek

RSG Landbou: 20 Mei 2024 – geborg deur Nutrico

Die LlimaLethu-bemagtigingsprojek, wat op boere in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gemik is, kom onder bespreking. Mihan Louw van African Seeds Group verduidelik hoe hulle en ander instansies, 20 boere as deel van fase een...

Onbetaalde skorsing as ‘n alternatief tot ontslag

Estimated reading time: 4 minutes Die Wet op Arbeidsverhoudinge,1995 (Wet 66 van 1995) (die WAV) eis dat die werknemer billik behandel moet word, aangesien onbillike skorsing ’n onbillike arbeidspraktyk ingevolge artikel 186(2)(b) van die...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 19 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these prices calculated? The Red Meat Abattoir Association (RMAA) gathers pricing data...