Estimated reading time: 9 minutes
Daar is geen einde aan Hannes Swart van die Potchefstroom-distrik se toewyding en passie nie, veral nie as dit by die lusernvertakking van sy gemengde boerdery kom nie. Die helfte van Hannes se boerdery op sy plaas Afsaal, bestaan uit Ć saaivertakking (hoofsaaklik mielies), terwyl sy bees- en lusernvertakkings 25% elk van die boerdery uitmaak.
Hannes koester sedert 1965 al Ć passie vir lusernverbouing. In daardie jare het hy saam met sy pa, Koot, vloedbesproeiing tussen Williston en Fraserburg in die Karoo gedoen. Hulle het destyds die SA Standaard-lusernkultivar, wat by Oudshoorn gekweek is, aangeplant. Ć Ou hamerkopbaalmasjien is ingespan om bale mee te maak. Later het hulle verskeie Amerikaanse lusernkultivars aangeplant en is die baalmasjien opgegradeer.
Hannes glo Ć stewige grondslag om lusern te produseer is destyds gelĂȘ, en sedert hy in 1999 in die Potchefstroom-distrik begin boer het, is hy geensins spyt nie. Lusern is vir hom Ć âunieke gewasâ, en die verbouing daarvan verg volgehoue aandag en deursettingsvermoĂ«, maar hy geniet dit. Die eindproduk is sy trots en Hannes spits hom daarop toe om deurlopende A-graad lusernbale aan sy kliĂ«nte te lewer.
Die winsgewendheid van lusern
Hannes sĂȘ daar is beslis Ć groot aanvraag in die Potchefstroom-distrik vir gehalte lusern, en hy verskaf hoofsaaklik bale aan wildboere.
Volgens Hannes is die Australiese kultivar, WL 525, Ć staatmaker, en kry hy gemiddeld ses snysels uit Ć blok lusern in Ć seisoen. DĂt bevorder sy kontantvloei, wat baie meer lonend is as sy graanopbrengs, waaruit hy Ć seisoenale inkomste verdien.

Sy insetkoste is dus laer, omdat hy nie elke seisoen lusern hoef te vestig nie. Oeslenings en die rente daarop, soos die geval met sy mielies, word ook uitgeskakel. Hannes se lusernaanplantings gee sy veevertakking boonop Ć hupstoot. Hy lewer speenkalwers (Bonsmara/Senepol-kruise) aan voerkrale, en wanneer koeie kalf en kalwergetalle goed is, gebruik hy sy eie lusernbale as byvoeding.
Met lusernverbouing, sĂȘ Hannes, is dit belangrik om aandag aan detail te gee, want as foute intree by die aanplant daarvan, neem dit vyf jaar voordat diĂ© foute reggestel kan word.
Vestiging van lusern voor die winter
Om lusern nuut te vestig verg deeglike grondvoorbereiding en kunsmistoediening. As dit nie korrek uitgevoer word nie, kan dit die produsent duur te staan kom, verduidelik Hannes.
Hy het in April verlede jaar Ć nuwe blok lusern op 6,5ha grond, waarop mielies voorheen verbou is, aangeplant. Ses maande later (in Oktober) het hy sy eerste snysel afgehaal. Die WL 525-kultivar se goeie blaarhegtingsvermoĂ« aan die stam maak dit vir hom die moeite werd, omdat hy meer bewerkings met die nodige toerusting bedags kan doen, sonder dat lusernplante hul blare verloor.

Die tipe grond, sowel as die dag- en nagtemperature, speel ook Ć rol met die vestiging van Ć nuwe blok lusern. Hannes plant lusern voor die winter aan, omdat dit die plante se kans op oorlewing verbeter. Voor die winter is daar minder onkruid waarmee die plante moet kompeteer. Ryptoestande in die winter speel ook nie Ć rol nie, want die lusernplantjies is dan reeds tussen 20 en 25mm hoog, en hul groeipunte is onder die grond. Minimale besproeiing is in die winter nodig.
Lees meer hier vir oplossings met opblaas by diere wat op lusernlande wei
Noukeurige grondbewerking
Hannes beklemtoon die belangrikheid van grondontledings as rigtingwyser voordat hy nuwe lusern vestig. In sy geval het ontledings getoon dat kalsitiese kalk en superfosfaat toegedien moes word. Hannes het dié stuk grond eers voorberei, kalk gestrooi en 60mm water toegedien.




Daarna het hy die grond tot op 450mm gebreek of ge-rip en toe geploeg. Superfosfaat (400kg/ha) en kaliumchloried (KCI) is met Ć saadbedding-implement toegedien om die kunsmis in die grond in te werk. Hannes sĂȘ dit is ook belangrik dat landerye waarop lusern aangeplant word onkruidvry is, voordat grondbewerking begin.
Aanplantings na grondvoorbereiding
Hannes is van mening dat lusernaanplantings so gou as moontlik nadat die grond deeglik voorberei is, begin word. Hy maak gebruik van Ć Brillian-fynsaadplanter wat vlak saai (tussen 4 en 12mm diep). Hy beklemtoon dat besproeiing vir sewe tot tien dae nadat die aanplanting voltooi is, plaasvind, sodat die grond deurlopend nat bly.


Sodoende word verhoed dat plantjies wat naby die grondoppervlakte geplant is, se wortels nie deur die son verskroei word nie. NĂĄ die sewe tot tien dae, begin die plantjies opkom. Hannes hou hulle dan fyn dop om vas te stel of hy nog langer moet besproei of nie. Wateronttrekking is in Ć stadium nodig sodat wortelpenetrasie kan plaasvind.
Sny lusern met die eerste tekens van hergroei
Hannes sĂȘ nadat die lusern gesny is, moet daar weer besproei word. Sy blok lusern kry tot 40mm water per week nadat hy gebaal het. Die hergroei van plantjies is daarna die eerste teken dat hy weer kan begin sny, en in sy geval is dit op 30 dae. âAl is my snysels nie so groot soos diĂ© van produsente wat op ses weke en in blomstadium hul lusern sny nie, haal ek meer snysels deur die loop van die seisoen af.â

Hannes fokus dus op hergroei as Ć aanwyser dat sy lusern gereed is om te sny. Hy sny vroeĂ«r sodat die werktuie op sy lusernland nie die plantjies beskadig nie. Dit gaan vir hom oor die hoeveelheid snysels in Ć seisoen, en hierdie seisoen mik hy na sewe snysels, wat absoluut lonend vir hom is.
Op sy 6,5ha lusernland kry hy gemiddeld 137 bale per hektaar per snysel, wat meer is as die landwye gemiddeld van sowat 120 bale per hektaar per snysel. Hannes sĂȘ op sy ander lusernland van 2,8ha, wat hy ses jaar gelede gevestig het, kry hy gemiddeld 116 bale per hektaar per snysel. Die gemiddelde prys per lusernbaal is R70.
Goeie tydsberekening is nodig vir sny en baal
Hannes spring self in wanneer dit by die sny en baal van sy lusern kom. Die geheim van lusernverbouing is om dit so gou as moontlik te begin hark en baal nadat dit gesny is. Hy begin dadelik baal nadat hy die gesnyde lusern gehark het, want weens dou snags en sonskyn bedags, verkleur lusernplante se blare na ân vaalgroen en later na wit. Hierdie verkleuring het Ć invloed op die gradering van die lusern.

âAs jy gesny het en jy daardie selfde aand nog windrye kan hark, móét jy dit doen. Die volgende oggend om 11:00 kan jy die rye dan draai, en op die tweede dag kan jy dieselfde aand nog begin baal,â sĂȘ Hannes. Die voordeel om snags te baal, sĂȘ Hannes verder, is dat die lusern dan natter word, in teenstelling met dagtoestande, wanneer die plante droĂ«r word. Hannes het gevind dat wanneer hy 15 minute nĂĄ sonsondergang begin baal, is die plante se blare aangeklam en val dit dan nie meer af nie.
Lees meer oor opblaas by diere wat op lusern wei.
âHy waarsku egter dat die gewig van bale in die baalproses streng gemonitor moet word. Hy stel sy gewig op tussen 25 en 27kg per baal, en hy hou op baal sodra die gewig na 28 tot 29kg toeneem. Sodoende keer hy dat tĂ© veel vog in die bale voorkom en dit dan muf. âAs jou toerusting reg is en jy twee lusernbalers het, kan jy so 250 bale per uur per masjien lewer.â
Mielies as oorbruggingsgewas
Dit neem vyf jaar voordat Ć lusernland werklik begin afneem en vervang moet word. In die opvolgseisoen spuit Hannes vir onkruid om sy landerye skoon te kry, voordat hy Ć oorbruggingsgewas aanplant. Hannes se lusern is vier jaar in produksie. In die vyfde jaar haal hy dit uit en plant mielies, omdat dit voordelig is op Ć stuk grond waar lusern verbou is, aangesien die grond ân goeie stikstofinhoud het. Hy besluit dan na sy mielie-oes of hy weer lusern op daardie stuk grond gaan vestig en of hy tef gaan aanplant. â Christal-Lize Muller, AgriOrbit
Vir meer inligting, kontak Hannes Swart by swartjj57@gmail.com.