Estimated reading time: 5 minutes
Plaas Media se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie het pas sy twaalfde jaar voltooi, en met groot sukses. Vanjaar se kompetisie het 60 mielie-, 14 hawer- en tien voersorghum- inskrywings ontvang. Die sukses van die kompetisie is ‘n bewys van die getroue en langtermyn samewerking van borge, deelnemers, die monsternemingspan en ondersteuners.
Vanjaar se inskrywings
Die 2025-kompetisie het altesaam 86 inskrywings gelok, met 84 wat uiteindelik deurgedring het na die monsternemingsfase. Twee maatskappye moes vanjaar die moeilike maar verantwoordelike besluit geneem om aan die kompetisie te onttrek weens kommer oor die verspreiding van bek-en-klouseer.
Die deelnemers wat namens hul kliënte of self ingeskryf het, was TWK Agri, Quantum Foods (Nova Feeds), Sentraal-Suid Koöperasie Bpk (SSK), Nutribase, Lake Agriculture (Edms) Bpk, AFGRI Animal Feeds Klipheuwel, Pannar Seed, Kemin Industries, Meadow Feeds Natal, Sparta Beef, AFGRI Animal Feeds, Pioneer Seed, Budissa Bagger, Exact Silage, Boschkop Uyse Boerdery, en Advanta Seeds.
Borge en ondersteuning
Santam Landbou is sedert 2014 al die naamborg van die kompetisie en het reeds bevestig dat hulle in 2026 weer die hoofborg sal wees. Die 2025 prys- en kontantborge was Pannar Saad, Pioneer Saad, TWK Agri, Nutribase, Greenhouse Technologies (GHTech), Advanta Seeds en Orkel. Labworld was die laboratorium wat die monsters getoets het.
Buiten Santam Landbou, het die kompetisie deur die jare merkwaardige steun van talle maatskappye geniet. ‘n Paar interessante feite:
- Die afgelope 12 jaar was die drie maatskappye met die mees konsekwente betrokkenheid Pannar Saad met 128 inskrywings, AFGRI Veevoere met 107 inskrywings, en Nutribase met 76 inskrywings oor die tydperk.
- Baie van die deelnemende maatskappye is al sedert 2014 lojale bydraers tot die kompetisie, met AFGRI Veevoere en Sparta Beef wat sedert 2014 ononderbroke deelneem.
Monsterneming
Die monsterneming is deur drie veekunde-studente van die Universiteit van Pretoria hanteer. Hulle was Jewyk Pretorius, ‘n nagraadse student, Franco Badenhorst, finalejaarstudent, en NC Engelbrecht, ook ‘n nagraadse student. Die studente het voorafopleiding in die monsternemingsproses ontvang by een van die kompetisie se koördineerders, Richardt Venter van AgSci Unlimited.
Die monsters is getoets deur dr. Elrisa Taljaard en haar span by Labworld, waarna die finale toetsresultate deur die kompetisie se organiserende span verwerk en vasgelê is.
Kompetisie-webinar
Die onderskeie kategoriewenners tesame met die 2025 Santam Landbou Kuilvoerkoning, is tydens die eerste kuilvoerkompetisiewebinaar van sy soort bekendgemaak. Die webinaar is op 25 November aangebied en is vir alle belangstellendes oopgestel. ’n Opname van die webinaar is by hierdie skakel beskikbaar: https://youtu.be/NB2hMs0BUpk?si=5A34hD5wnwr6wPLn
Tydens die webinaar het Richardt Venter asook Joubert Fourie, ’n bekende melkprodusent en jarelange deelnemer aan die kompetisie, as gassprekers opgetree. Venter het vanjaar se kompetisiedata aangebied terwyl Fourie sy eerstehandse ervaring van kuilvoermaak gedeel het. Die wenners is daarna aangekondig.
Die kategoriewenners
Die 2025-kompetisie was in talle opsigte merkwaardig. Buiten die konsekwente prestasie van die algehele wenner oor verskillende kategorieë heen, is dit ook duidelik dat beter kuilvoerpraktyke ‘n verskil maak in die prestasie van kuilvoergewasse anders as mielies. In die 2025-kompetisie was die beste sorghumkuilvoer se prestasie byvoorbeeld gelykstaande aan dit van die tweede-beste mieliekuilvoer. Dit is ook opmerklik dat al hoe meer kuilvoerprodusente verskillende stoorvorme en gewasse aangryp en diversifiseer, eerder as om op slegs een stoorformaat en gewas staat te maak.
Plaas Media en Santam Landbou kondig met trots die eerste drie plekke in elke kategorie aan.
Die hawerkuilvoerkategorie:
| Posisie | Produsent | Onderneming | Plaasnaam | Ingeskryf deur | Stoorvorm |
| 1 | Jaco Kok | Elstelm Boerdery | Riet Valleij | SSK | Oorryhope/buns |
| 2 | Dian Landman | Lactimar | Bergsig | Nutribase | Gruismuur-bunker |
| 3 | Johann Nel | JC Nel Junior Familietrust | Hoëkraal | SSK | Gruismuur-bunker |
Die voersorghumkuilvoerkategorie:
| Posisie | Produsent | Onderneming | Plaasnaam | Ingeskryf deur | Stoorvorm |
| 1 | Marcu Jansen van Rensburg | Winterstorm Investments | Huntly | Budissa Bagger | Silosak |
| 2 | Burger Marais | Exact Silage | Kameeldrift | Exact Silage | Toedraaibale |
| 3 | Kobus Pieterse | HJP Boerdery | Witbank | Exact Silage | Toedraaibale |
Die mieliekuilvoerkategorie:
| Posisie | Produsent | Onderneming | Plaasnaam | Ingeskryf deur | Stoorvorm |
| 1 | Kobus Pieterse | HJP Boerdery | Witbank | Exact Silage | Toedraaibale |
| 2 | Joubert Fourie | Limpopo Dairy | Limpopo Dairy | Nutribase | Sementmuur-bunker |
| 3 | Russell James / Doug Armstrong | Dendolor Investments | Goxhill | Pannar Saad | Silosak |
Die wenners in die stoorvormkategorieë was soos volg:
In die toedraaibale-kategorie:
| Posisie | Produsent | Onderneming | Plaasnaam | Gewaskategorie | Ingeskryf deur |
| 1 | Burger Marais | Exact Silage | Kameeldrift | Voersorghum | Exact Silage |
| 2 | Kobus Pieterse | HJP Boerdery | Witbank | Voersorghum | Exact Silage |
| 3 | Kobus Pieterse | HJP Boerdery | Witbank | Mieliekuilvoer | Exact Silage |
Die wenners vir die muurbunker-kategorie is:
| Posisie | Produsent | Onderneming | Plaasnaam | Gewaskategorie | Ingeskryf deur | Muurtipe |
| 1 | Shane Simpson | Simpson & Son Farming | Cooperdale | Mieliekuilvoer | Meadow Feeds Natal | Gruismuur |
| 2 | Joubert Fourie | Limpopo Dairy | Limpopo Dairy | Mieliekuilvoer | Nutribase | Sement |
| 2 | Shaun Griffin | PR Griffin Farming cc | Langewacht | Mieliekuilvoer | Pannar Saad | Gruismuur |
| 3 | Rob Stapylton-Smith | Stapylton-Smith Farming | Elsan | Mieliekuilvoer | Pannar Saad | Sement |
Die wenners in die oorryhope/buns-kategorie is:
| Posisie | Produsent | Onderneming | Plaasnaam | Gewaskategorie | Ingeskryf deur |
| 1 | Willie du Preez | Vizicor | Altenburg | Mieliekuilvoer | Pannar Saad |
| 2 | Justin Boettiger | Broadview Farm | Broadview | Mieliekuilvoer | Lake Agriculture (Pty) Ltd |
| 3 | Rob Strachan | Rydal Farms Trust | Rydal | Mieliekuilvoer | Pannar Saad |
Die wenners in die silosakkategorie is:
| Posisie | Produsent | Onderneming | Plaasnaam | Gewaskategorie | Ingeskryf deur |
| 1 | Russell James / Lutho Nozulo | Dendolor Investments | Broadside | Mieliekuilvoer | Pannar Saad |
| 2 | Marcu Jansen van Rensburg | Winterstorm Investments | Huntly | Voersorghum | Budissa Bagger |
| 3 | Russel James / Doug Armstrong | Dendolor Investments | Goxhill | Mieliekuilvoer | Pannar Saad |
En die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkoning is …
Kobus Pieterse van HJP Boerdery. Sy mieliekuilvoerbaal wat deur Exact Silage ingeskryf is, het vanjaar al die boksies getiek. Pieterse se prestasie is merkwaardig, aangesien hy ook in die voersorghumkategorie derde geëindig het, terwyl hy in die toedraaibale-kategorie tweede én derde plek behaal het. Dit is voorwaar ‘n prestasie en spreek van goeie kuilvoerpraktyke deur die bank. Geluk aan hom en sy hele kuilvoerspan. – Persverklaring, Plaas Media
Vir meer inligting oor die kompetisie, inskrywings, of ander navrae, kontak Deidré Louw by 066 231 2430 of epos deidre@plaasmedia.co.za


