HomeAgri NewsVoorkomingsmaatreëls teen veldbrande dringend nodig, sê VL

Voorkomingsmaatreëls teen veldbrande dringend nodig, sê VL

Estimated reading time: 2 minutes

Vrystaat Landbou het produsente in die provinsie versoek om tydige voorbereiding vir die voorkoming van veldbrande te tref. Volgens Kempen Nel, voorsitter van Vrystaat Landbou se natuurlike hulpbronne-komitee, verskaf die Vrystaat se goeie grasbedekking brandstof vir veldbrande.

Die weerstoestande wat tans ondervind word, verhoog die risiko vir wydverspreide veldbrande. Daarom skakel Vrystaat Landbou tans met grondvlakstrukture om die nodige voorsorgmaatreëls te tref.

Tydens die droogtetoestande gedurende Februarie vanjaar was daar reeds ’n groot brandgevaarrisiko. Die laat reën het egter die bedreiging geneutraliseer, maar veldbrande is nou ’n groter wordende risiko. As deel van die voorbereidingsproses het Agri Relief Foundation onlangs 35 blasers aan VL-strukture geskenk wat aan landbouverenigings beskikbaar gestel sal word.

Lees meer oor hoe om veldbrande en bosbrande te bekamp hier.

Brandbeskermingsverenigings (BBV’s) het reeds hulle brandplanne by Departement van Omgewingsake en Bosbou ingedien en daar is ook reeds op 27 Junie in Bloemfontein met die nasionale departement vergader.

Lede van die publiek en kontrakteurs word gevra om bedagsaam te wees wanneer hulle deur die platteland ry. Hulle word versoek om nie tot die brandgevaarrisiko by te dra deur oop vure te maak of met toerusting in die veld te werk wat vonke veroorsaak nie, aangesien dit tot veldbrande kan lei. – Vrystaat Landbou


Veldbrande: Bly uit die spervuur met goeie risikobestuur

Vanjaar het dit oral in Suid-Afrika goed gereën en die gras in die veld staan hoog. Selfs waar daar nie gereeld veldbrande voorkom nie, is produsente bekommerd oor moontlike brande wat kan ontstaan. Baie mense glo egter dit is nie juis ’n probleem nie en dit lyk dalk eenvoudig om ’n vuur te blus, maar ’n wegholveldbrand is niemand se speelmaat nie.

Johann Breytenbach, bestuurder van die Vrystaatse Sambreel-brandbestrydingsvereniging en aanbieder van brandbestrydingskursusse, sê die publiek is nie altyd bewus van die risiko’s wat ’n veldbrand inhou nie. Daarom gebeur dit soms dat veldbrande hande uitruk en duisende hektare verwoes, omdat die saak verkeerd aangepak is.

Must Read

Wanneer om nié ’n gewigsverspreidingshaak te gebruik nie

Estimated reading time: 4 minutes Een van die belangrikste lesse wat ons koöperasie vir die kommunale boere in die distrik leer, is om hul skape...