Sunday, March 9, 2025

Voermol Voere vereer weer voorste veeboere

Estimated reading time: 2 minutes

Die voorste bees- en skaapboer in Suid-Afrika sal vanjaar weer erkenning ontvang van Voermol Voere, en inskrywings hiervoor is nou oop. Produsente en verteenwoordigers van die 2024-kompetisie se borge, boereverenigings en ander landbou-organisasies kan nominasies deurgee.

Kenny Crampton, die maatskappy se nasionale verkoopsbestuurder, sê die kompetisie word saam met verskeie medewerkers en borge aangebied, naamlik Landbouweekblad, die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), FNB, BKB en Zoetis.

Die sluitingsdatum vir nominasies is 31 Julie 2024. Enige vooraanstaande veeboere wat die agting van hulle medeboere geniet, kan benoem word. Daarna sal ’n span baie ervare, onafhanklike beoordelaars drie finaliste in elke afdeling aanwys en hulle op hul plase besoek om uiteindelik die wenners aan te wys.

Kenmerke van ‘n uitstekende veeboer

Kriteria waarna gekyk word sluit die volgende in:

  • Hulpbronbenutting.
  • Voervloeibeplanning.
  • Weidingsbestuur.
  • Teling- en seleksiemaatstawwe.
  • Rekordhouding.
  • Vergelyking met ander norme.
  • Bemarking en waardetoevoeging.
  • Kuddeproduksie.
  • Voorkoms en kondisie van diere.
  • Infrastruktuur.
  • Personeelbestuur.
  • Deelname aan georganiseerde landbou.

Die beste bees- en skaapboere sal tydens ‘n dinee in November 2024 gekroon word. Die Beesboer van die Jaar word reeds die afgelope 19 jaar aangebied, terwyl die Skaapboer van die Jaar al 18 keer aangewys is.

Volgens Kenny is dit belangrik dat die wenners hul kennis en wye ervaring as veeboere met ander deel. Daarom gaan boeredae by beide die wenners gehou word. Die datums sal so gou as moontlik ná die dinee bekend gemaak word.

Klik op die skakels hieronder om die onderskeie inskrywingsvorms af te laai:

Inskrywing vir skape

Inskrywing vir beeste

Veeprodusente kan direk inskryf of deur ‘n georganiseerde landbou-organisasie of selfs ‘n individu genomineer word. Die inskrywingsvorm is ook landswyd beskikbaar by Voermol en die borge.

On buying a cheaper Chinese vehicle

Estimated reading time: 4 minutes Gert, our farm mechanic, often gets consulted by young staff...

The future calf in mind: Supplementation of beef cows

Estimated reading time: 5 minutes The nutritional requirements of beef cows change as they proceed...

Laat die beeste die praatwerk doen

Estimated reading time: 7 minutes Hulle is aangewys as KwaZulu-Natal se Jongboer van die Jaar...

Damage caused by game: Who is legally liable?

Estimated reading time: 5 minutes This raises the question as to whether someone can be...