Veeplaas Junie 2026

Die Junie-uitgawe van Veeplaas bied weer ’n wye verskeidenheid insigte vir produsente, insluitend wenke en waarskuwings oor roofdiere, die waarde van kruipvoeding, en hoe om pasteurellose te voorkom en te behandel. In hierdie uitgawe kry lesers ’n blik op hoe die Pieters-gesin hul Jersey-stoet bestuur. Ons kyk ook na die wetenskap agter hittestres, en hoe ramme se kern- en testikulêre temperatuur deur omgewingstoestande beïnvloed word.

Roofdiere: Jakkals verander nié van snaar

In sommige lande het predasie reeds ’n groot tol op kleinveeboerdery geëis en Suid-Afrika ervaar soortgelyke druk. Toenemende roofdierdigthede en veranderende ekologiese dinamika plaas produsente voor komplekse bestuursuitdagings. Die vraag is nie of beheer nodig is nie, maar hoe dit volhoubaar en doeltreffend toegepas kan word. Predasiespesialis, Niël Viljoen, gee in die Junie-uitgawe van Veeplaas raad hieroor.

’n Familiegedrewe nalatenskap van melkgehalte en genetika

Die Maki-Tuis Jersey-stoet en melkery van Jaco en Jennifer Pieters is hul trots. Die kudde is geregistreer en suiwer gehou om basterkrag te vermy en voldoende data vir teelbesluite te verseker, aangesien hul dogter, Bernice, daarin belangstel om met die melkery voort te gaan. Dié toegewyde span hou konsekwent by hul teeldoelwitte, bou voort op uitstaande genetika en lewer deurgaans hoë-gehalte melk.

Kruipvoer vir lammers én beeskalwers

Kruipvoeding is ’n praktyk waar kalwers voor speen toegang kry tot aanvullende voer met ’n hoë energie- en proteïeninhoud. Hierdie metode word met wisselende sukses in baie beesvleisbedrywe toegepas. Terselfdertyd speel dit ’n deurslaggewende rol in skaapboerdery, aangesien lammers se ontwikkeling glad en vinnig moet plaasvind om meer wins te genereer. In die Junie-uitgawe van Veeplaas lees ons meer oor wat kruipvoeding behels, belangrike riglyne vir die toepassing daarvan, en of dit werklik die moeite werd is.

Hoë temperature en ramme se spermgehalte

Skape is warmbloedige diere, wat beteken hulle moet ’n stabiele kerntemperatuur handhaaf sodat alle fisiologiese prosesse optimaal kan verloop. Wanneer die termoreguleringsvermoë van skape beperk word deur toestande wat hittestres veroorsaak – soos hoë omgewingstemperature, relatiewe humiditeit, windsnelheid en direkte- en indirekte sonstraling – lei dit daartoe dat die dier nie van oortollige liggaamshitte ontslae kan raak nie, wat negatiewe gedrag en fisiologiese reaksies tot gevolg het. Lees meer hieroor.

Pasteurellose: Asemnood lei tot die dood

Pasteurellose of ‘bontlong’ is ’n ernstige, aansteeklike respiratoriese siekte wat algemeen deur die organismes Mannheimia haemolytica of Pasteurella multocida veroorsaak word. Dit kom dikwels voor by diere wat spanning ervaar, vervoer word of onlangs gespeen is. Volgens prof Gareth Bath, emeritusprofessor van die Fakulteit van Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria, is dit een van die grootste oorsake van sterftes in voerkrale. Lees oor die voorkoms van hierdie siekte, en hoe dit bekamp en behandel kan word.

Kry vandag nog jou eksemplaar by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Veeplaas is as ’n interaktiewe blaaiboek by https://digimags.agriorbit.com/books/Veeplaas-Junie-2026-digimag/ beskikbaar en kan ook by www.magzter.com aangekoop word. Kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 om in te teken op die PDF-weergawe of hardekopie.

Must read

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 34 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO).Click here for this week's report.How are these...

SA Canegrowers welcomes DBRP adjustment, but says more is needed to close import gap 

Estimated reading time: 3 minutesSA Canegrowers welcomes the decision by the government to adjust the dollar-based reference price (DBRP) for sugar imports. The upward adjustment is critical...

Omgewingsnakomingspraktyke en wetgewing: Wat produsente moet weet

Estimated reading time: 7 minutesOmgewingsnakoming raak toenemend ’n praktiese werklikheid vir produsente, veral waar landbou, mynbou en hernubare energie-ontwikkelings mekaar op dieselfde grondgebied ontmoet....

LandbouRadio: 28 Augustus 2026

In Vrydag, 28 Augustus se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:Ons skop die program af met 'n kraakvars landbounuusbulletin en weervoorspelling.⁠Dr Danie Odendaal,...

Sosiale media en die reg: Wees baie versigtig

Estimated reading time: 4 minutesOmdat die akkuraatheid of waarheid van inligting selde gekontroleer of getoets word, hou die onoordeelkundige maak of deel van sosiale...