Veeplaas Augustus 2026

In die Augustus-uitgawe van Veeplaas delf ons dieper in waardevolle, praktiese landboukennis vir die moderne veeprodusent. Die hoofartikel sit verskillende tipe veilings uiteen en verduidelik hoe die vergoedingstrukture van elk werk. Verder kyk ons na die vernietigende impak van veediefstal, die belangrikheid van grondbedekking en dekgewasse vir gesonde grond, die ideale tieklysie vir ’n suksesvolle teelseisoen, en die stille gevaar van bruinmaagwurm in die winterreënvalstreke.

Hoe val die hamer: Die veeveilingswaardeketting

Veilings word beskou as die amptelike meganisme vir prysvasstelling in die veebedryf. Deur potensiële kopers en verkopers onder een dak saam te bring, word ’n mark geskep waar markverwante pryse bepaal kan word. Verskeie belanghebbendes speel ’n rol om veilings te laat realiseer, insluitend veilingshuise, vee-agente, afslaers en aanlyn bemarkingsplatforms. Elk van hierdie rolspelers word vergoed vir die bydrae wat hulle tot ’n veiling lewer. In die hoofartikel van die Augustus-uitgawe van Veeplaas bespreek ons kortliks die algemene tipes veeveilings, sowel as die verskillende rolle wat belanghebbendes in die bedryf speel.

Die vernietigende werklikheid van veediefstal

In ’n land wat met misdaad geteister word kan die howe, polisie en publiek maklik die erns van veediefstal, hetsy groot of klein, onderskat. Dit is ’n vernietigende realiteit van veeboerdery en ontneem almal op die plaas van ’n lewensmiddel. Feite oor veediefstal moet gereeld onder die aandag van veral geregsdienaars, wat moontlik net ’n vae idee het oor wat hierdie misdaad behels, gebring word. Landdroste moet uiteindelik besef hoe verlammend hierdie misdaad is, dat dit ’n polariserende kettingreaksie vanaf die plaas tot in die gemeenskap veroorsaak – en dat swaarder strawwe nodig is.

Grondbedekking en dekgewasse op ’n veeplaas

Volgehoue plantbedekking beskerm die grondoppervlakte en ondersteun mikrobiese lewe onder die grond. Hierdie bedekking is noodsaaklik vir produktiewe en gesonde grond. Prof Jan Myburgh, ’n veearts en toksikoloog verbonde aan die Departement van Parakliniese Wetenskappe by die Universiteit van Pretoria, sê die praktyk om landerye te bewerk en daarna vir lang tydperke kaal te laat, is nadelig vir grondgesondheid. Produsente moet besef dat hulle nie net bo-op die grond boer nie, maar ook onder die grond.

Tiek die regte boksies vir ’n goeie teelseisoen

Veeteling is ’n bestuuraspek wat nie in ’n gemengde boerdery-opset afgeskeep mag word nie. Veeplaas het by dr Bastiaan Fouché van die Parys Dierehospitaal en dr Paul Reynolds van die Vrede Dierehospitaal, gaan aanklop om die basiese elemente van ’n teelseisoen-kontrolelys saam te stel. ’n Kontrolelys is van onskatbare waarde indien jy maksimum voordeel uit ’n teelseisoen wil put, en sluit aspekte soos streng seleksie vir vrugbaarheid, die regte bul-tot-koeiverhouding, doelgerigte voeding, inenting en minerale-aanvulling in.

Bruinmaagwurm in die winterreënvalstreke

Bruinmaagwurm is een van die belangrikste inwendige parasiete waarmee veeprodusente in Suid-Afrika se winterreënvalgebied te doen kry. Hoewel die parasiet veral tydens koel, nat winters floreer, kan dit ook gedurende die kouer maande groot probleme in die somerreënvalstreke veroorsaak, veral waar diere op besproeide weidings loop. Hierdie rondewurmparasiet is soos ’n stille dief: Selfs wanneer diere geen duidelike siektetekens toon nie, kan produksie steeds ernstig benadeel word. In ernstige gevalle kan akute besmettings tot erge diarree, vermaering en selfs vrektes lei. Leer in hierdie uitgawe hoe om hierdie parasiet te bestuur.

Kry vandag nog jou eksemplaar by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Veeplaas is as ’n interaktiewe blaaiboek by https://digimags.agriorbit.com/books/Veeplaas-Augustus-2026_digimag/ beskikbaar en kan ook by https://www.magzter.com/ZA/Plaas-Media/Veeplaas/Business/ aangekoop word. Kontak Rochelle George by 064 890 6941 om in te teken op die PDF-weergawe of hardekopie.

Must read

RSG Landbou: 23 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die BKB Groep se jongste finansiële resultate, TLU SA se Jongboer van...

LandbouRadio: 23 September 2026

Hierdie week se Landbouradio word moontlik gemaak deur Pioneer Saad.In Woensdag, 23 September se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:⁠Leon die skaapherder...

Heinings en hokke: Instandhouding voor die lamseisoen

Met lae winsmarges, siektes en roofdiere wat tot 30% van ’n lammeroes kan kos, kan skaapprodusente nie meer bekostig om ’n lam te verloor...

Unlocking the beef value chain – Meet the 2026 LRF Stockman School speakers part...

Estimated reading time: 6 minutesFrom 7 to 9 October 2026, the Livestock Registering Federation (LRF) brings the beef industry’s sharpest minds together at Aldam...

RSG Landbou: 22 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor inkbessievergiftiging, wyntoersime en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.InkbessievergiftigingVeeprodusente word gewaarsku dat inkbessievergiftiging...