Thursday, December 12, 2024

Ses veeartse in die Noord-Kaap aangestel

Estimated reading time: 2 minutes

Die Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het aangekondig dat ses pasgekwalifiseerde veeartse in die Noord-Kaap aangestel gaan word.

Volgens Phemelo Manankong, mediabeampte van die LUR van landbou se kantoor, het die projek twee doelwitte. Aan die een kant kry die pasgekwalifiseerde veeartse geleentheid om onder gekwalifiseerde staatsveeartse te leer en ervaring op te bou. Aan die ander kant kry produsente in afgeleë gebiede ook die geleentheid om die dienste van veeartse te gebruik. Die jaarlange projek is ingestel om dieregesondheid in die provinsie te verbeter. Manankong sê die Noord-Kaap is in vyf gebiede verdeel en die veeartse sal in elk van hulle werk.

Dieregesondheid is ’n toenemende probleem. Onlangse bek-en-klouseer gevalle en swak bestuur van brusellose het die departement laat besluit om hierdie dienste na die platteland uit te brei waar landbou ’n groot rol in die provinsie speel.

Lees meer oor biosekuririteit op ‘n kleiveeplaas.

Naas mynbou is landbou een van die grootste werkverskaffers in die Noord-Kaap en die departement se langtermyndoelwit is om opkomende produsente in die plattelandse gebiede by te staan om hul dieregesondheid te verbeter en sodoende kuddes te versterk. – Koos du Pisanie, Plaas Media


Brusellose by beeste: ’n Komplekse probleem

Die vraag kan met reg gevra word of die voorkoms van beesbrusellose buite beheer is, soos onlangs in mediaberigte gerapporteer is. In ’n tyd waar siekte-uitbrekings die nuus oorheers, is dit nodig om beesbrusellose in perspektief te stel.

Beesbrusellose is nie ’n siekte wat net vinnig kom en gaan nie. Daar is baie spesifieke redes daarvoor wat verstaan moet word, en die voorkoms en verdere verspreiding van die siekte behoort prioriteit by staatsveterinêre dienste en die beesbedryf te geniet.

Klik op die skakel om meer te lees:

Brommers kan ‘n skaap lewendig opvreet

Estimated reading time: 4 minutes Brommers wat skape aanval, vreet die diere feitlik lewend op. Groenbrommers...

Only an effective vaccination plan can prevent lumpy skin disease

Estimated reading time: 6 minutes Every year producers suffer substantial losses because of their cattle...

Feeding for fertility: How early-life nutrition impacts dairy herds

Estimated reading time: 7 minutes The Guinness World Record holder cow for lifetime milk production,...

Só lyk ’n goeie voerkraallam

Estimated reading time: 5 minutes Die ideale voerkraallam is laat-volwasse, toon uitstekende groei, handhaaf goeie...