RSG Landbou: 9 Junie 2026

In vandag se RSG Landbou kry ons terugvoer oor South Africa Wine se wynberaad, daar is meer oor die waarde van blomme op die Weskus vir veeprodusente en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.

SA Wine wynberaad terugvoer

In vanoggend se RSG Landbou kuier ons verder by vanjaar se South Africa Wine wynberaad wat in Stellenbosch gehou is. Christoph Thomet, ‘n wynbemarker van Switserland, vertel van die wyne wat hulle produseer en deel sy indrukke oor Suid-Afrikaanse wyne en veral wyntoerisme. Yolandi Botha van Vinpro praat oor haar rol as ekonoom by dié produsente-organisasie.

Wolmarkverslag

Heinrich Victor is terug met die nuutste wolpryse.

Waarde van blomme op die Weskus

En het jy geweet die blomme op die Weskus wat jaarliks duisende toeriste trek, is ook vir veeprodusente van groot waarde? Dis een van die onderwerpe wat tydens vanjaar se Weidingsvereniging-kongres in Julie bespreek sal word. Nelmarié Saayman van die Wes-Kaapse Departement van Landbou gesels verder oor haar navorsing.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Weidingsgehalte in die berugte doodmaakmaande

Estimated reading time: 7 minutesSuurveld kom hoofsaaklik in die hoëreënvalgebiede van die oostelike dele...

Boost young animals’ immunity before the lambing and calving season

Estimated reading time: 4 minutesVaccinating ewes and cows four to six weeks before lambing...

Klimaatslimboerdery bied kos vir die siel én die veld

Estimated reading time: 8 minutesDit het Veronica Rorich se passie geword om herwinningsboerdery aan...

AFMA Matrix September 2026 – Forum issue now available

Estimated reading time: 2 minutesThe September 2026 edition of AFMA Matrix is a special...