In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die stand van ons landboubedryf en nematodes by aartappelproduksie.
Stand van ons landboubedryf
Die bekroonde megaboer van die Vrystaat en voorsitter van die Sernick-groep, Nick Serfontein, glo die landboubedryf is in groot moeilikheid. Moenie vanagoggend in RSG Landbou die gesprek met hom misloop nie.
Nematodes by aartappelproduksie
En het jy geweet ‘n nematode of aalwurm kan glad nie met die blote oog gesien word nie? Dié ongewenste gasheer hou ‘n groot bedreiging vir ons aartappelprodusente in. Dr Sonia Steenkamp van die Landbounavorsingsraad op Potchefstroom gesels oor die navorsing wat hulle doen.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.