In vandag se RSG Landbou kyk ons saam met Johan Stumpf van die BKB Groep terug na die afgelope jaar se hoogtepunte. Dié groep wat as ‘n natuurlike vesel-, wol- en bokhaarbesigheid begin het, is deesdae ook betrokke by graanberging, stelsels wat op plaasvlak data bestuur en die kleinhandel.
Dan beplan TCTA, oftewel Trans Caledon Tunnel Authority van die Departement van Waterwese, die bou van ‘n dam in die Thabazimbi-omgewing vir die Medupi-kragstasie. Grondeienaars is baie bekommerd oor die impak wat dit onder andere op onteiening, water en werkskepping gaan hê. Bernard Enslin van Servitudewatch, vertel ons meer.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.