Johan van den Berg is terug met ons landbouweer-nuus en hy praat hierdie keer oor die weervooruitsigte vir vanjaar se Nampo-oesdag wat reeds volgende week begin.
Agbiz en Agbiz Grain se tiende virtuele SHEQ-werksessie het gefokus op noodgereedheid en voornoodbeplanning vir brande, wat die relevansie, sleuteldoelwitte en praktiese implementering daarvan beklemtoon. Ruben Els van Riskonet gee terugvoer.
Verder is Chris Derksen ook op sy pos met hierdie week se vleispryse.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


