RSG Landbou: 8 Mei 2024 – geborg deur Plaas Media

Tru-Cape is optimisties oor die 2023/2024 appel- en peerseisoen. Calla du Toit gesels oor die seisoen wat vroeër begin het, asook die markte en vooruitsigte.

Wanneer en hoe besluit ‘n produsent watter tegnologie belangrik en toepaslik is vir die gebruik van spilpunte op lande? Chrisjan Jansen van Vuuren van Lindsay Africa gee raad.

Verder kuier ons saam met Koos du Pisanie op Willie Storm se plaas. Dié boer van Olifantshoek in die Noord-Kaap het merkwaardige sukses met veldverbetering behaal.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories