RSG Landbou: 7 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor SA Stamboek Trailblazer-geleentheid, die Agri Spoor toep en ons ontvang die nuutste landbounuus.

SA Stamboek Trailblazer-geleentheid

SA Stamboek bied vanjaar weer hulle Trailblazer-geleentheid op 28 en 29 Oktober in Bloemfontein aan. Dié toekennings het ten doel om rekordhouding en innovasie in die wêreld van diereverbetering te erken. Ons gesels met dr Bobbie van der Westhuizen.

Agri Spoor toep

Het jy al van Agri Spoor gehoor? Enige lid van die publiek kan probleme soos swak paaie, veediefstal, kragonderbrekings en veiligheidskwessies op dié platform rapporteer. Janine Byleveld van Agri SA het tydens die Agri Noord-Kaap kongres verduidelik hoe dié toepassing werk.

Nuutste landbounuus

Moet ook nie ons weeklikse landbounuus misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

A free-range label for pigs on grazing

Estimated reading time: 6 minutesSimon Goble knew from an early age that he wanted...

Vaaltyn van die Noordweste

Estimated reading time: 6 minutesDie donkie is ’n dier wat gehelp het om die...

Stockfarm September 2026 hits the shelves

In the September 2026 edition of Stockfarm, we unpack the challenges that South Africa’s...

Oilseeds Focus September 2026

The September 2026 issue of Oilseeds Focus delivers essential insights into identifying tricky stem...