RSG Landbou: 7 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor SA Stamboek Trailblazer-geleentheid, die Agri Spoor toep en ons ontvang die nuutste landbounuus.

SA Stamboek Trailblazer-geleentheid

SA Stamboek bied vanjaar weer hulle Trailblazer-geleentheid op 28 en 29 Oktober in Bloemfontein aan. Dié toekennings het ten doel om rekordhouding en innovasie in die wêreld van diereverbetering te erken. Ons gesels met dr Bobbie van der Westhuizen.

Agri Spoor toep

Het jy al van Agri Spoor gehoor? Enige lid van die publiek kan probleme soos swak paaie, veediefstal, kragonderbrekings en veiligheidskwessies op dié platform rapporteer. Janine Byleveld van Agri SA het tydens die Agri Noord-Kaap kongres verduidelik hoe dié toepassing werk.

Nuutste landbounuus

Moet ook nie ons weeklikse landbounuus misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Die Noordweste en sy mense

Estimated reading time: 5 minutesDie Boesmanland en Namakwaland in die Noordwes-Kaap is klipharde wêreld...

The middle ground is the best course

Estimated reading time: 7 minutesPieter Meyer believes that the modern grain producer is precision-oriented,...

Voerkorrels versus los voer vir herkouers

Estimated reading time: 6 minutesVoerkoste is die grootste enkele kostekomponent in die meeste veeboerderye....

Hou kop bo water dié El Niño-seisoen: Planne vir jou vee se waterbehoeftes

Estimated reading time: 6 minutesProdusente moet waterbeskikbaarheid en -gehalte deeglik in hul droogte- en...