Thursday, October 17, 2024

RSG Landbou: 7 Oktober 2024 – geborg deur BKB

Guy English van die Mooirivier-omgewing in KwaZulu-Natal is aangewys as die 2024 Kwanalu Jongboer van die Jaar en Maandagoggend hoor ons waaruit dié boerdery bestaan.

Daar steek baie agter die deelname aan jeugskou en dié sport bly gewild. Die waarde hiervan vir leerling, afrigter en ouer is noemenswaardig en dis waaroor Pierre Vlok van BKB, wat al talle jare by jeuskoue betrokke is, gesels.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories