In vanoggend se RSG Landbou gesels Lise onder meer oor ‘n stoettelerkompetisie en die gebruik van hommeltuie in misdaad. Ons kry ook meer besonderhede oor ‘n Brangus-veiling.
Bobaas-stoetteler gesoek en veilings
Die LRF bied vanjaar weer die Stoetteler van die Jaar-kompetisie aan en inskrywings sluit reeds op 18 Julie. Ons gesels met prof Frikkie Neser.
Martin Campher verskaf besonderhede oor die KZN Brangusklub se veiling.
Verder is Kinnear Geldenhuys van Brangus SA ook aan die woord. Hy brei uit oor die sukses van dié ras en hul nasionale veiling op 7 Augustus in Parys.
Misdadigers se nuwe taktiek
Alhoewel hommeltuie tot voordeel is vir landbouers het georganiseerde misdaad ook die geleentheid raakgesien en grondeienaars word gewaarsku. Prof Andries Raadt van die SAPD se Vrystaat Veediefstalforum brei hieroor uit.
RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

