In vanoggend se RSG Landbou met Lise Roberts is daar gesels oor Pioneer Saad se proewe, die vindingryke gebruik van afval-aartappels, weer en vleispryse.
Pioneer praat oor hul proewe
Ná jare se proewe en ontledings het Pioneer Saad die kundigheid om produsente by te staan met inligting oor die verwagte opbrengs van spesifieke kultivars wat as kuilvoer gebruik word. HW Beeken gesels oor die sukses van hul proewe.
Vodka van aartappels
Daar is tans verskeie suksesstories oor die gebruik van afval-aartappels. Tydens Aartappels SA se innovasie-simposium het ons vir Willie Botha van The Three Dudes ontmoet. Hulle maak vodka van afval-aartappels.
Weernuus en vleispryse
Johan van den Berg is terug met die landbou-weernuus en Chris Derksen met die week se vleispryse.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

