RSG Landbou: 6 Oktober 2025 – geborg deur BKB

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die Share Seed SA saadprojek, die SA Boerboktelersgenootskap se nasionale veiling, en wat die Suiwelstandaard-agentskap se SANAS-akkreditasie alles behels.

Share Seed SA saadprojek

In Maandagoggend se RSG Landbou vind ons meer uit oor Share Seed SA. Hierdie saadprojek dien as instrument om gemeenskappe te mobiliseer, verhoudings tussen tuiniers te bou en voedselsekerheid te verseker. Steph Lambert van Enviro Solutions Centre vertel ons meer.

SA Boerboktelersgenootskap nasionale veiling

Dan is Michelle Kruger van die SA Boerboktelersgenootskap ook aan die woord. Hulle hou op 16 Oktober in Bloemfontein hul jaarlikse veiling.

Suiwelstandaard-agentskap ontvang SANAS-akkreditasie

En die Suiwelstandaard-agentskap het onlangs SANAS-akkreditasie ontvang. Jompie Burger verduidelik wat dit behels.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou....