RSG Landbou: 6 November 2025 – geborg deur Pioneer Saad

In vandag se RSG Landbou gesels dr Bobbie van der Westhuizen oor SA Stamboek se nuwe IDTrax-stelsel, ons hoor van die 2025 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar en die Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika se Makroteler van die Jaar, en ons kry die jongste weervooruitsigte en vleispryse.

SA Stamboek stel IDTrax bekend

Dr Bobbie van der Westhuizen, hoofbestuurder van SA Stamboek, gesels oor hulle nuwe IDTrax-stelsel.

2025 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar

Die 2025 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar is op 31 Oktober in Johannesburg aangewys. Hansie Viljoen van Leeudoringstad in Noordwes het tydens dié geleentheid die waarde van goeie verhoudings onderstreep en ‘n beroep op politici gedoen om die speelveld gelyk te maak sodat hulle kan boer. Kom luister saam na wat hy te sê gehad het.

Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika se Makroteler van die Jaar

Nog ‘n boer van Noordwes, Jan van Zyl (jnr) van Kroon Vee Boerdery by Vryburg, is onlangs as die Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika se Makroteler van die Jaar gekroon.

Nuutste weervooruitsigte en vleispryse

Johan van den Berg is soos altyd op sy pos met die landbou-weervoorsuitsigte en Chris Derksen met die week se vleispryse.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Metaboliese doeltreffendheid en klimaatslim teelpraktyke

Estimated reading time: 4 minutes Dit verg ’n dier wat kan floreer wanneer toestande gunstig...

Die regte kondisiepunt is geld in die sak

Estimated reading time: 4 minutes Genetika en bestuur speel ’n belangrike rol, maar ons kan...

Slagos-man glo in geharde Santa-staatmakers

Estimated reading time: 6 minutes Om winsgewend te boer, fokus ons op goeie genetika en...

Ensuring soil cover and using cover crops on a livestock farm

Estimated reading time: 6 minutes Producers must realise that they are farming not only above the soil but...