Wat is die waarde van veldbultoetse? Nuwe telers het onlangs by die Hoogland Simmentaler-studiegroep in Bethlehem meer hieroor uitgevind.

In ons laaste gesprek oor die LNR Vleisbeestoekennings fokus Johan Binedell op die Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar-kategorie.

Dan hoor ons wat die hoof van DanBred se oplossings- en voorsieningsketting in Denemarke oor genetiese vordering in die varkbedryf en die doeltreffende bestuur van sôe, te sê gehad het.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.