Die 25ste Large Herds-konferensie is onlangs in Qqeberha gehou. Die konferensie word jaarliks deur die Melkprodusente-organisasie aangebied en ons hoor wat ‘n paar van die sprekers te sê gehad het.
Die uitvoerende hoof van die Land Bank, Themba Rikhotso, het tydens Nampo met ons oor die vordering in hul omkeerstrategie gesels.
Tydens dieselfde geleentheid het Nutri Feeds met groot sukses werkswinkels vir klein hoenderboerderye aangebied. Santa Ferreira vertel ons meer.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health
AECI Plant Health is ‘n gediverdifiseerde groep. Hul produkte en dienste word aan ‘n breë spektrum van kliënte verskaf in die mynbou, waterbehandeling, plant- en dieregesondheid, voedsel en drank, infrastruktuur en lagemene industriële sektore.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.