RSG Landbou: 5 Januarie 2026 – geborg deur Husqvarna

In vandag se RSG Landbou luister ons na die suksesverhaal van ‘n groenteboer by Rustenburg, ons ontvang die nuutste weervooruitsigte en vleispryse en ons vind meer uit oor faktore wat in ag geneem moet word wanneer spuite aangekoop word.

Sukses van ‘n groenteboer

In vanoggend se RSG Landbou luister ons na die suksesverhaal van ‘n groenteboer by Rustenburg. Dis ‘n gesamentlike ontwikkelingsprojek tussen Saai, Afriforum en Thabake Business Enterprise. Sedert die eerste plantsiklus net meer as twee jaar gelede afgeskop het, is meer as 60 ton groente al op die nagenoeg 0,75ha grond geoes. Ons hoor meer oor hulle sukses.

<

Nuutste weervooruitsigte

Landbouweervooruitsigte verander daagliks, so moet dus nie ons gesprek met Johan van den Berg misloop nie.

Nuutste vleispryse

Chris Derksen is oudergewoonte op sy pos met die week se vleispryse.

Aankoop van spuite

Verder vind ons meer uit oor faktore wat in ag geneem moet word wanneer spuite aangekoop word. Ruan van Schalkwyk van Husqvarna gesels hieroor.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Agri Wes-Kaap stel Jongboer van die Jaar 2026-kandidate bekend

Estimated reading time: 4 minutes Agri Wes-Kaap het vandeesweek die kandidate vir sy 2026 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie aangekondig. Die organisasie het...

Biosecurity under pressure: What it means for South African agriculture

Estimated reading time: 4 minutes Biosecurity has become one of the most pressing challenges facing South African agriculture in 2026. This is underscored by the...

Karoo Winter Wool Festival returns in 2026 – better than ever!

Estimated reading time: 5 minutes This July, all roads once again lead to the heart of the Karoo and the historic town of Middelburg in...

Oorvloedige reën bring hoop én uitdagings vir Noord-Kaapse produsente

Estimated reading time: 2 minutes Almal in die Noord-Kaap het verwag dat boere die winter met ’n swaar hart sou ingaan. Die reën het egter...

Stamboek Times Mei 2026

Die jongste weergawe van SA Stamboek se nuusbrief, Stamboek Times, is nou beskikbaar. In die Mei-uitgawe kan lesers uitsien na die volgende: BGP2: Jaar 3 skop...