In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor Boran-telers, Ntaba Nyoni se aanlynveiling en die bekendstelling van Agri X se Fusion 2026-geleentheid.
Boran SA
Het jy geweet daar is ongeveer 330 geregistreerde Boran-telers in Suid-Afrika met beesgetalle wat op 55 000 aktiewe diere staan? Dis volgens Gerrit Potgieter van die Boran-beestelersgenootskap van Suid-Afrika. Ons gesels ook met hom oor die impak van bek-en-klouseer en hoe hulle die impak daarvan verminder.
Ntaba Nyoni Bonsmara hou veiling
Ntaba Nyoni Bonsmara bied op 14 Februarie hul aanlynveiling aan en die kuddebstuurder, Jessica Phatela, vertel ons meer.
Agri X Fusion 2026-bekendstelling
Verder het RSG Landbou die bekendstelling van Agri X se Fusion 2026-geleentheid in Pretoria bygewoon. Rooivleisnavorsing is die fokus en advokaat Koos Nel asook professor Simon Letsoalo van die Noordwes-universiteit, het daar met ons gesels.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.