HomePodcastsRSG Landbou: 30 Junie 2025 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 30 Junie 2025 – geborg deur Plaas Media

In vanoggend se RSG Landbou vind ons uit hoe landbouers hulle boerdery so winsgewend en volhoubaar as moontlik kan maak.

Koolstofvergoedingsprojek

In hierdie week se RSG Landbou gesels ons met die EWT, oftewel Bedreigde Natuurlewetrust, oor hul koolstofvergoedingsprojek. Pieter Botha verduidelik in vanoggend se program wat die projek behels en waarom boere daarby kan baat.

Boran keuringsproses

Die SA Boran-beestelersgenootskap bied op 12 Julie hul nasionale veiling aan en Christopher Havenga verduidelik onder meer wat die keuringsproses van dié diere behels.

Santam landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie

Dan is Pannar sedert die begin van die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie betrokke en Kerry Rowlands praat oor hulle ondersteuning aan kuilvoerprodusente.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Government and ARC gives update on FMD vaccine numbers

Estimated reading time: 3 minutes The Agricultural Research Council (ARC) confirmed on 1 April that it has released another 20 000 doses of locally produced foot-and-mouth...

Meet the new NAMC board