HomePodcastsRSG Landbou: 30 Julie 2025

RSG Landbou: 30 Julie 2025

In vanoggend se RSG Landbou gesels Lise Roberts onder andere met ‘n veeartsenystudent, die kuddebestuurder van Sebadja Bonsmaras en dan is daar ook internasionale landbounuus.

Vrywilligers op pad na Lesotho

Vrywilligers van die Semonkong-hospitaaltrust is in September weer op pad na Lesotho om daar ‘n verskil in die lewens van die mense en hulle diere te maak. Veeartsenystudent, Solitha Kruger, vertel ons meer.

Sebadja Bonsmaras hou veiling

Sebadja Bonsmaras van die Springbokvlakte hou veiling op 8 Augustus en die kuddebestuurder, Johan Boshoff, gesels oor die aanbod.

Internasionale landbounuus

Dis ook weer tyd vir ons maandelikse internasionale landbounuus en in dié berig is daar nuus uit onder meer Rusland, die VSA en Brasilië.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

26th AFSTA Congress: Empowering Africa’s future, one seed at a time

Estimated reading time: 6 minutes Seeds are not just agricultural inputs; they embody our future, the promise of a resilient Africa in the face of...

Meet the new NAMC board